MARCO SPAUMER

Vir die akteur Marco Spaumer (25), wat die rol van Tim du Plessis in die kykNET-sepie Suidooster vertolk, beteken Paasfees familietyd.

“As kind het ons elke Paasfees by my ouma-hulle op die plaas in Polokwane deurgebring en ’n Paaseiersoektog gehad,” vertel Marco aan Huisgenoot.

View this post on Instagram

??????

A post shared by Marco Spaumer (@marcospaumer) on

“Omdat ek as ’n Christen grootgeword het, dien Paasfees grotendeels as ’n herinnering aan die groot opoffering wat Jesus kom maak het. Daarom gaan ek vanjaar vir Paasfees kerk toe en bring ek tyd saam met my familie deur,” sê Marco.

ROLANDA MARAIS

Die aktrise Rolanda Marais (41), wat nou in die fliek Die Seemeeu te sien is, se pa, Fanie, is 'n predikant. Daarom het sy as kind altyd kerk toe gegaan vir Paasfees. Dit is gewoonlik deur ’n lekker gesinsete opgevolg.

Rolanda en haar man, die rolprentregisseur Jozua Malherbe, gaan vanjaar saam met die familie tyd by die see deurbring. Hulle gaan ook vir die eerste keer ’n Paaseiersoektog vir hul tweejarige dogtertjie, Charlotte James, hou.

View this post on Instagram

Family portrait #family #myalles #love #mother

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

“Ons het vir die eerste keer ’n kleinding wat groot genoeg is om rond te hardloop om Paaseiers te soek,” vertel Rolanda.

“Charlotte praat al heelweek van Paasfees en sê ek moet ’n groen Paaseier kry en sy ’n blou een,” voeg sy laggend by.

DEAN SMITH 

Dean Smith (25), wat die rol van Wade Ferreira in die kykNET-sepie Suidooster vertolk, het net goeie herinnerings aan Paasfees by sy ouerhuis op Malmesbury in die Wes-Kaap.

“Paasfees is familietyd. My ma, Helen, het altyd ’n week voor die tyd die kerrievis ingelê en lekker bakbrood daarby gemaak.

“Ons het ook kerk toe gegaan en lekker aan tafel aan die kerrievis gesmul,” vertel Dean aan Huisgenoot.

“Jy eet heelnaweek kerrievis en as jy lucky is, kry jy ’n chocolate

“Ons gesin gaan vanjaar ook ná hoeveel jaar weer Yzerfontein toe om my oudste suster, Lynn Siljeur, en my pa, John, se verjaardag te vier. Daar sal seker ’n kerrieviskoek wees,” spot die akteur.

CRYSTAL-DONNA ROBERTS

Vir die Arendsvlei-aktrise Crystal-Donna Roberts (33), is Paasfees belangrik.

“As jy grootgeword het soos ek, gaan Paasfees oor gesinstyd en die opoffering wat vir die mensdom gemaak is,” vertel sy aan Huisgenoot. 

“Kerrievis is ook groot in my gesin; daarom het ons altyd die hele Paasnaweek kerrievis geëet.”

View this post on Instagram

Bloom!!! ?? @gretch_yo_life #bloomintoyou #afro #4cgirls

A post shared by crystal donna roberts (@crystaldonnaroberts) on

“Ek kan onthou in my studentejare was ek gewoonlik by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees oor Paasnaweek en ek het altyd die kerrievis die meeste gemis. Een van my vriende het my een jaar gebel om te sê hulle staan met ’n bak kerrievis en wag vir my,” vertel sy laggend. 

“Ek gaan ook vanjaar vir die heel eerste keer my eie kerrievis maak," vertel Crystal, wat nou al drie jaar met Schalk Cornelessen getroud is.

"Ek het nog nie begin nie, maar sal dalk vir my ma, Julia ’n resep vra. Kerrievis van Woolies of Pick n Pay is nie so lekker soos tuisgemaakte kerrievis nie,” bieg die aktrise.