Maar die bruidspaar was nie die enigstes wat hul liefde aan mekaar betoon het nie.

Jeremy se oudste seun, Justin Bieber (24), en dié se aan-af-meisie, Selena Gomez (25), het ook smoorverlief gelyk.

Ná die bruilof het Justin en Selena in die villa ontspan.  Foto: Great Stock/ Backgrid

Die twee het bypassende pienk aangehad en mekaar se geselskap geniet terwyl hulle saam met die gaste gekuier het. “Selena was baie gemaklik by Justin se familie,” meen ’n bron.

“Sy het party van hulle omhels en het tuis gelyk. Almal was baie ontspanne en het dit terdeë geniet. Dit was die perfekte troue op ’n pragtige plek en Selena en Justin het baie gelukkig gelyk.”

Foto: Great Stock/ Backgrid

Kort ná die troue het Jeremy laat hoor sy nuwe vrou, wat ses jaar ouer as haar popsterstiefseun is, verwag sy vierde en haar eerste kind.

Chelsea, vir wie Jeremy twee jaar gelede die jawoord gevra het, is vermoedelik tussen vier en vyf maande swanger.

Jeremy Bieber en sy bruid. Foto: Great Stock/ Backgrid

Jeremy was al twee keer getroud: met Justin se ma, Pattie Mallette (42), en toe met Erin Wagner (31), by wie hy ’n seun, Jaxon (8), en dogter, Jazmyn (9), het. Ons hoop dis ’n geval van derde keer is skeepsreg...

Jeremy en sy seun, Jaxon. Foto: Great Stock/ Backgrid
Bronne: Tmz.com, Dailymail.com, Eonline.com, Mirror.co.uk,The Sun.co.uk,Fotostock SA