Al is ons daaraan gewoond om die A-lysster Sandra Bullock (53) in loket­treffers soos Gravity en Miss Congeniality tot die redding te sien kom, lei sy weg van die silwerdoek af ’n stil gesinslewe.

Die Oscar-wenner en haar kêrel, Bryan Randall (51), is skaars opgemerk toe hulle haar kinders, Louis (8) en Laila (5), onlangs met ’n daguitstappie na Disneyland in Kalifornië bederf.

Sandra se goeie vriend die Horrible Bosses-ster Jason Bateman (49) en sy vrou, Amanda Anka (49), en dogters, Francesca (11) en Maple (6), was ook saam. 

Sandra en Bryan, wat sedert 2015 bymekaar is.
Jason Bateman kuier saam.

Volgens ’n bron oorweeg Sandra en Bryan, wat sedert 2015 bymekaar is, om hul kroos uit te brei. Die bron beweer Bryan “het die rol aangeneem om die kinders saam met Sandra groot te maak”.

Foto's: Realtime Images/Mega