Tydens ’n onderhoud onlangs met die Amerikaanse geselsprogramaanbieder Willie Geist het Mila (35) gesê dit sal “waarskynlik nooit gebeur” dat sy en Ashton (40) weer teenoor mekaar speel nie.
“Ek kan nie vir hom kyk sonder om te vra: ‘Wat doen jy?’ nie. Hy het dan vir my gekyk en gevra: ‘Watter gesig trek jy?’ Dis vreemd,” het die aktrise en boorling van Oekraïne geskerts en vertel hoe belaglik dit gevoel het toe die twee saam ’n toneel vir die rolprent Annie van 2014 verfilm.
“Ek het gesê: ‘Ons kan dit nie doen nie. Ons kan nie saam in ’n toneel wees nie.’ ”
Die Black Swan-ster het ook gepraat oor waarom sy geen sosialemediarekening het nie. Sy het verduidelik sy het laat bygekom en “het seker onder ’n klip geslaap toe alles soort van ontplof”.
Sy het bygevoeg een van die groot redes waarom sy nie die sosiale media gebruik nie, is dat dit vir talle akteurs ’n kontraktuele verpligting geword het om hul rolprente te bevorder. “Dit het geword: ‘Jy moet soveel plasings maak.’
“Vergeet dit. Ek wil dit nie baasraak nie. Ek is nie in die sosiale media nie; daarom is dit nie oop vir bespreking nie,” het sy gesê.
Foto's: Gallo Images/Getty Images
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET