Chris Hemsworth

Foto: Instagram( @martinhibbert)
Foto: Instagram( @martinhibbert)

Hy is nie net ’n magtige Avenger op die silwerdoek nie; hy’s ook ’n superheld met ’n hart van goud wanneer die kameras ophou rol. Die 37-jarige akteur het Martin Hibbert, ’n oorlewende van die Manchester-bomaanval in 2017, na ’n vertoning van Thor: Love and Thunder genooi, as hy teen daardie tyd sy vermoë herwin het om te kan loop.

“Sy jongste Thor-fliek word in 2021 uitgereik, en hy het gesê as ek in 2021 stap, sal ons saam by die rooitapyt afstap by Thor 4. Dis ’n groot motivering vir my – iets om aan vas te klou,” sê Martin.

Amy Adams en Jennifer Garner

Amy Adams en Jennifer Garner. Foto: Gallo Images/G
Amy Adams en Jennifer Garner. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die aktrises het saamgespan om kinders te help wat deur skoolsluitings geraak is te midde van die coronakrisis. Amy (46) en Jennifer (48) het Save With Stories bekendgestel om geld in te samel vir organisasies wat kos en voorraad verskaf aan kinders wat dit gewoonlik by hul skool kry.

Hul projek het sy eie Instagramblad, @SaveWithStories, waar hulle video’s deel van hul beroemde vriende wat kinderboeke voorlees om kinders te vermaak, op te voed en hul aandag af te lei. Hoogtepunte sluit in die aangewese Amerikaanse visepresident Kamala Harris wat haar boek Superheroes Are Everywhere lees en Kate Winslet wat The Enormous Crocodile deur Roald Dahl voorlees.

Tom Hanks

Tom Hanks. Foto: Gallo Images/Getty Images
Tom Hanks. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die 64-jarige akteur het sy persoonlike tikmasjien aan ’n jong seuntjie in Australië gegee nadat die kind afgeknou is oor sy naam – Corona. Corona De Vries (8) het vir Tom ’n brief geskryf om te hoor hoe dit met hom gaan nadat hy van covid-19 herstel het, en gevra: “Is jy oukei?” Corona het ook vertel hy is “hartseer en kwaad” omdat mense by die skool hom oor sy naam boelie.

Tom het op sy Corona-tikmasjien teruggeskryf om hom vir sy mooi woorde te bedank. “Ek het gedink hierdie tikmasjien is geskik vir jou. Vra ’n grootmens hoe dit werk. En gebruik dit om vir my terug te skryf.” Tom het teen die einde met die hand geskryf: PS: You have a friend in me.

Tom se Corona-tikmasjien. Foto: Instagram (@tomhan
Tom se Corona-tikmasjien. Foto: Instagram (@tomhanks)

Denzel Washington

Denzel Washington. Foto: Gallo Images/Getty Images
Denzel Washington. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die rolprentlegende is in die sosiale media geloof toe ’n video van hom in Mei soos ’n veldbrand versprei. Daarin kan ’n mens sien hoe Denzel (65) ’n man help wat in nood verkeer.

Die Oscarwenner het gesien die man staan in die aankomende verkeer en het uit sy kar geklim om hom na veiligheid te help. Volgens omstanders het Denzel aan die man se sy gebly en hom ondersteun en getroos tot die polisie opgedaag het.


Matthew McConaughey

Matthew McConaughey. Foto: Gallo Images/Getty Imag
Matthew McConaughey. Foto: Gallo Images/Getty Images

Dis mos nou die soort groothartigheid waarvan ons hou! Die akteur het tydens die pandemie tyd afgestaan vir ’n digitale kuiertjie by ’n ouetehuis en het ’n virtuele bingoaand vir ’n groep bejaardes in sy tuisstaat, Texas, aangebied. Matthew (51) en sy gesin het via Zoom ingeloer om bejaardes by The Enclave at Round Rock Senior Living met hul weeklikse bingo-sessie te help, en jip, die foto’s is net so oulik as wat jy jou kan indink.

Foto: Facebook (The Enclave at Round Rock Senior L
Foto: Facebook (The Enclave at Round Rock Senior Living)

Leonardo DiCaprio

Leonardo DiCaprio. Foto: Gallo Images/Getty Images
Leonardo DiCaprio. Foto: Gallo Images/Getty Images

Anders as Rose in die ikoniese fliek Titanic, gaan Leo nie toelaat dat enigeen verdrink terwyl hy toekyk nie.

Die 46-jarige akteur was saam met vriende met vakansie langs die kus van Sint Bartolomeus in die Karibiese See toe hulle ’n noodroep hoor vir ’n man wat van ’n toerskip geval het. “Leo, sy vriende en die kaptein van hul boot het besluit om by die soektog aan te sluit en danksy hul pogings gehelp om ’n man se lewe te red,” vertel ’n bron.

Volgens die bron het Leo se span die man naby die eiland Saba gewaar en hom aan boord gebring voor hulle hom aan die kuswag oorhandig het.

Shaquille O’Neal

DAILY POP -- Shaquille O'Neal. Foto: Gallo Images/
Shaquille O'Neal. Foto: Gallo Images/Getty Images

Praat van die regte persoon op die regte tyd en plek wees! Die voormalige basketbalspeler het in Januarie in sy motor gery toe hy ’n vrou in die straat in New York sien ineensak. Hy het stilgehou en na haar toe gehardloop.

Volgens ooggetuies was die vrou moontlik diabeties, wat veroorsaak het dat sy flougeword het in die middel van die voetoorgang. Shaq (48) en verskeie verbygangers het die verkeer tot stilstand gebring en saam met die vrou gewag vir die ambulans om op te daag.

Sean Penn

Sean Penn. Foto: Gallo Images/Getty Images
Sean Penn. Foto: Gallo Images/Getty Images

Party akteurs speel net helde op die silwerdoek, en ander doen dit ook agter die skerms. Dié akteur en regisseur is een van hulle.

Sean (60) se organisasie, Community Organised Relief Effort, het vanjaar hul aandag daarop gevestig om die coronavirus te beveg nadat hulle jare lank tydens natuurrampe in plekke soos Haïti hulp verleen het. Die organisasie het gehelp met die opening van verskeie toetsterreine in Amerika wat gefokus was op gemeenskappe met min toegang daartoe, swart gemeenskappe, nooddiens- en noodsaaklike werkers.

BRONNE: RANKER.COM, LATIMES.COM, USATODAY.COM, THETHINGS.COM, REUTERS.COM, GLOBALNEWS.CA, GOODHOUSEKEEPING.COM, FLARE.COM, HELLOMAGAZINE.COM