“Moenie met my praat oor wat ek kan en nie kan doen met my liggaam nie tot jy omgesien het na elke kind wat nie ’n huis het nie of verwaarloos of mishandel word,” het die aktrise van Gravity-faam gesê.

Sandra het bygevoeg sy verpes dit as mense na haar kinders, Louis (8) en Laila (6), as “aangeneem” verwys.

Die gesin geniet ’n uitstappie in Disneyland. Foto: RealTime Images/Mega

“Niemand noem hul kind hul “in vitro-kind” of sê “oeps, ek het na ’n kroeg toe gegaan en swanger geraak” nie.

Sandra het ook ’n bietjie oor haar kinders se persoonlikhede verklap. “Lou is baie sensitief. Hy’s wys en gaaf. Ek het dit gesien toe hulle hom aan my oorhandig.

“Laila is ’n vegtertjie en dis hoekom sy vandag hier is. Sy gaan eendag vir ware verandering sorg.”

Sy het ook oor haar kêrel, die fotograaf Bryan Randall (52), gepraat, met wie sy sedert 2015 uitgaan.

Sandra, ’n voorloper van die Time’s Up-beweging, het aan die tydskrif InStyle gesê sy is op 16-jarige ouderdom seksueel aangerand.

“Hy is ongelooflik gaaf,” het die 53-jarige aktrise gekoer.

“Vir die kinders is hy nommer een en ek nommer twee. Maar ek verstaan dit, want hy’s meer pret en gee hulle lekkerder bederfies.”

BronneCosmopolitan.comTMZ.comPeople.comInstyle.com