In dié sentrum in Montana, Pretoria, gaan ’n teaterrestaurant saam met ’n verskeidenheid sportgeriewe, van ’n boogskutbaan en krieketnette tot ’n gesofistikeerde gholfnabootser en visvangwinkel, alles onder een dak wees. 

kurt daren,dunay van heerden,sportsentrum
Kurt Darren en sy vrou, Dunay. Foto: Nadine De Waal.
farhaan behardien,krieket,speler,protea
Die Proteakrieketspeler Farhaan Behardien en sy meisie, Camilla Baynham. Foto: Nadine De Waal

Jo wou jare gelede ’n biltongwinkel met die naam The Bearded Butcher oopmaak, vandaar die naam van sy teaterrestaurant op die perseel. 

“Jo het altyd hierdie groot drome en kom dan huis toe en vertel jou van dit wat hy wil doen,” sê die sanger se vrou Debbie.

“Ek het sewe jaar terug in ’n enkel-garage gestaan, toe sê ek vir my vrou ek gaan ’n biltong besigheid begin. Ek het toe al klaar die naam The Bearded Butcher gehad,” vertel Jo. 

“Van daar af het ek gedroom ek wil ’n teater hê waar musiek weer kan lewe. Hier staan ons nou sewe jaar later en dit is ’n droom wat waar geword het.” 
albie morkel,krieketspeler,sportsentrum
Die oudkrieketspeler Albie Morkel en sy vrou, Marthmari. Foto: Nadine De Waal
jo black,sanger,sportsentrum
Die sanger Jo Black en sy vrou, Debbie. Foto: Nadine De Waal

“Ons het die konsep al ’n geruime tyd gehad en toe ek dit agt maande gelede met Jo deel, het hy dadelik ingestem. Hy het toevallig op dieselfde tyd na so iets gesoek,” vertel Albie, wat ook sportontwikkelingsprogramme vir kinders in die sentrum beoog. 

“Die gesprek het hier in hierdie gebou plaasgevind. Die dop van die gebou was hier gewees en dit was destyds Action Cricket-bane. So alles wat mense hier sien het ons self gebou of opgesit,” voeg die oudkrieketspeler by. 

rolene strauss,model,mej.wereld
Die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss en haar man, D’Niel. Foto: Verskaf
chris morris,david miller,heinrich klaasen,protea,
Die Proteakrieketspelers Chris Morris, David Miller en Heinrich Klaasen. Foto: Verskaf

Die Ultimate Aim Sports Pavillion word op 31 Mei geopen.