Die paartjie het reeds ’n dogter, Ameline, wat twee jaar oud is.

“Die skanderings wys daar's ’n 90%-kans dat ons weer ’n dogtertjie gaan hê,” sê Vaughan.

Nerine is vier maande swanger en hulle verwag die kleinding se aankoms einde November of begin Desember.

My personal beard stylist!

A post shared by Vaughan Gardiner (@vaughangardiner) on

“Ons het ons heel eerste baba deur ’n miskraam verloor; dus is ons baie gelukkig met Ameline en hoe dié swangerskap verloop,” sê hy.

Vaughan sê hulle gee nie om of die baba ’n seuntjie of dogtertjie is nie. Al waarvoor hulle hoop is ’n gesonde swangerskap en ’n gesonde baba.

Hulle het met Ameline geskrik toe sy ’n maand te vroeg gebore is, maar dit was niks om oor bekommerd te wees nie. Sy was ’n gesonde baba en is ná ’n paar dae saam met haar ma huis toe.

Mens is seker nooit te jonk om te leer nie?

A post shared by Vaughan Gardiner (@vaughangardiner) on

Vaughan en Nerine bly in Douglasdale, Johannesburg, en hy sê hulle het gehoop om hul kinders twee jaar uitmekaar te hê.

“Ek het nou gelukkig reeds genoeg oefening met ’n dogtertjie en kan nie wag vir nog een nie,” sê hy.

“Ons is baie geseënd en gelukkig,” sê Vaughan.