Die sangeres, wat in Augustus verlede jaar met die kunshandelaar Caspar Jopling (28) getrou het, het onthul sy het sedert die troue geen kontak met haar ma gehad nie.

ellie goulding,sangeres
Ellie Goulding en Caspar Jopling op haar grootdag. Foto: Instagram/@elliegoulding

“Dis frustrerend, want ek wil met jou daaroor praat. Maar sy het dreigend geword toe ek oor haar in die media gepraat het. Dit het op ’n ramp uitgeloop,” het Ellie (33) onlangs aan ’n joernalis van die koerant Independent gesê.

Die sangeres het sedertdien om hulp aangeklop om die gespanne verhouding te verwerk, wat veral versuur het sedert Tracey daarvan beskuldig is dat sy vroeër vanjaar ’n rassistiese twiet gedeel het.

Vroeër vanjaar het Ellie Goulding se ma, Tracey, h
Vroeër vanjaar het Ellie Goulding se ma, Tracey, haar in ’n sosialemediaherrie bevind nadat sy daarvan beskuldig is dat sy ’n rassistiese twiet geplaas het. Foto: Twitter

“Ek het baie terapie daaroor gekry, want wat ek gedink het kan reggestel word, is nie herstelbaar nie.”

Tracey (56), wat vir die nasionale gesondheidsdiens in Engeland werk, het gesê sy het geen idee hoekom haar dogter sulke bewerings maak nie.

“Ek weet nie waarvan sy praat nie. Ek dink nie Ellie het al ooit oor my in die media gepraat nie; ek weet dus nie waaroor ek dreigend kon raak nie. Ek dink dis verdraai of uit konteks geneem, want ek het nie ’n dreigende been in my liggaam nie.”

Ellie en Tracey Goulding. Foto: Getty Images/Gallo
Ellie en Tracey Goulding. Foto: Getty Images/Gallo Images

Kom ons hoop die twee klaar hul probleme uit.

BRONNE: USMAGAZINE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, INDEPENDENT.CO.UK, PEOPLE.COM, VARIETY.COM