Die Afrikaanse sangeres het onlangs in ’n Facebook-inskrywing terug gekap na kuberboelies oor die nare kommentaar wat sy al voorheen in sosiale media ontvang het en sê sy wil ook hê haar aanhangers moet weet dat hulle nie alleen deur moeilike tye gaan nie. 

Die sangeres het intussen die inskrywing van Facebook verwyder waar sy onder meer ook oor haar gewig en stryd met depressie praat.

View this post on Instagram

Pink hair dont care ???

A post shared by *?* ?????-????S? ??? ??? *?* (@irene__louise) on

“Ek het nie die inskrywing gemaak om myself jammer te kry nie, maar wil hê mense moet weet dat hulle nie alleen is nie en dat mense in die kollig ook soms deur moeilike tye gaan. Dit wat jy in die sosiale media sien is nie altyd die realiteit nie,” sê die sangeres aan Huisgenoot. 

Al is die inskrywing verwyder het sy baie positiewe kommentaar van haar aanhangers gekry. “Baie mense het ook vir my direkte boodskappe gestuur om hul stories met my te deel,” sê sy. 

Volgens die sangeres is dit vir haar belangrik om daaroor te praat juis omdat mense wegskram van sulke onderwerpe af. “Ek wil nooit hê my kind moet voel haar lewe is nie goed genoeg nie omdat ander se lewens op sosiale media perfek is nie,” sê die sangeres. 

Irene-Louise en haar man, Nicholas du Preez, se eersteling, Kelsey, het in September haar opwagting gemaak. 

Tog erken sy dat daar wel dae is wat die nare kommentaar oor haar in die sosiale media haar onder kry, maar party dae is beter as ander. “Dis soms moeilik om positief te bly, want hulle sê soms vieslike goed en raak persoonlik but you have to try and shake it off.

“Partykeer kyk ek net van wie dit af kom. Iemand wat gelukkig is met hul lewe sal nie ander mense af bring nie. Ek weet dat daardie persoon wat agter hulle rekenaarskerm sit, dink hulle is baie cool omdat hulle iemand anders kan afbreek,” voeg sy by. 

Oor haar gewig waarna daar telkens verwys word sê sy: “My gewig was altyd ’n probleem vir my, want almal het dit ’n probleem gemaak.

“Ek was ’n maer kind en mense om my het begin goed sê oor my gewig en ek het begin staatmaak op kos. As agtjarige kind moet jy elke dag hoor jy is vet en useless. Later begin glo jy dit,” onthou sy. 

Die Iziiit?-sangeres het ook in die Facebook-inskrywing genoem dat sy een van die dae met die keto-dieetplan begin, wat meer ekstreem is as banting. Op hierdie dieet mag jy amper geen koolhidrate eet nie. Maar sy maak nie net staat op die dieet nie, laat Irene-Louise hoor. 

“Ek werk aan my gewig en probeer klaar om gesond te eet en wees. Dis moeilik, maar ek doen dit want ek weet ek gaan sterker aan die ander kant uitkom."