Hul eersteling, ’n dogtertjie wat Kelsey gaan heet, word op 10 September verwag. 

irene-louis van wyk,sangeres,eersteling
Irene-Louise en Nic­holas is veral opgewonde oor hoe hul klein prinsessie gaan lyk. Foto: Verskaf

“Ons het na ’n paar name gekyk – my gunstelingcountry­sangeres se naam is Kelsea Ballerini – en ek het nog altyd van die naam Kelsea gehou,” sê Irene-Louise. 

Toe Nicholas ook van dié naam hou, het hulle dit ’n bietjie aangepas na Kelsey. 

irene-louis van wyk,eersteling,baba
Foto: Verskaf

Die twee het verlede jaar op 30 September op ’n troue met ’n Disney-tema afgehaak. 

Sy sien al haar lewe lank uit daarna om ’n ma te wees, vertel die sangeres. 

irene-louis van wyk,eersteling
Baba Kelsey word in September verwag. Foto: Verskaf

“Ek is veral opgewonde om te sien hoe sy lyk. Ons het nou al gesien dat sy my neus en my man se lippe het, en sy gaan baie hare hê.”

irene-louis van wyk,sangeres
’n Pienk teddiebeer en nagliggie in die vorm van ’n kroon is alreeds in Kelsey se kamer. Foto: Verskaf

Hoewel die babakamer nog nie heeltemal klaar is nie, het Kelsey al ’n bababedjie, ’n pienk teddiebeer en nagliggie in die vorm van ’n kroon, net reg vir ’n klein prinsessie.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.