“Nuusflits! Ek hou hierdie al in vir 6 maande! Opgewonde om aan te kondig dat ons ’n baba gaan hê,” skryf sy. Die paartjie se eersteling sal na verwagting in Mei  sy of haar opwagting maak. 

View this post on Instagram

NEWSFLASH! Been holding onto this nugget for 6 months! Excited to announce we're having a baby! #monrogue #currentsituation #greatexpectations #maternitymonday #comingsoon

A post shared by quanita (@quanitadams) on

Die gelukwensinge  vir die paartjie het kort daarna ingestroom. 

“Oh wow! Baie geluk meisie dis fantasties. Geniet elke oomblik,” skryf die 7de Laan-aktrise Hildegardt Silkiewicz. 

View this post on Instagram

#theblues #sundayblues #lovehim

A post shared by quanita (@quanitadams) on

“Waaaaaat. Baie geluk, dit is amazing. Alles van die beste skat. Seënwense aan jou en manlief @quanitadams,” het Chanelle Davids, die aanbieder van die SABC 2 musiekspeletjieprogram Beter assie bure, laat hoor. 

Quanita, wat deesdae ook te sien is as die hawelose vrou Laetitia in die telenovelle Arendsvlei, en haar man het onlangs vakansie gaan hou in die Amerikaanse deelstaat Florida. 

View this post on Instagram

Corner of Monroe & Monroe #goingmonrogue #saturdaystroll

A post shared by quanita (@quanitadams) on

Sy en Brian was vir vyf jaar ’n paartjie voordat hulle eindelik in Januarie 2018 afgehaak het. 

Die paartjie het in Julie dieselfde jaar hul huwelik met ’n spoggerige onthaal gevier. 

View this post on Instagram

#happyanniversary 2 years today! #magic #mrsdr #ilovehim

A post shared by quanita (@quanitadams) on

Die aktrise het gespog met 25 strooimeisies. Hieronder was die oud-7de Laner Diaan Lawrenson, die voormalige Isidingo-aktrise Kim Engelbrecht en Nadia Valvekens, wat onlangs in die dramareeks Alles Malan te sien was.  

Quanita is ook van 3 Februarie af te sien in Netwerk24 se tweede blitssepie Op en af.