Nie veel is oor die 19-jarige bekend nie. Johnny het wel in ’n onderhoud in 2014 gesê hy is “baie trots” op sy seun. 

“My seun, Jack, was nog altyd ’n baie talentvolle tekenaar. Hy teken verskriklik goed. 

“Hy speel ook baie goed musiek, en ek kon nie trotser op hom gewees het nie. Al wil hy nie ’n akteur wees soos sy ou pa nie.” 

Johhny Depp se seun, Jack. Foto: Instagram/johnnyd
Johhny Depp se seun, Jack. Foto: Instagram/johnnydepp

Jack word baie min gesien en is bekend daarvoor dat hy ’n lae profiel hou. Die 19-jarige is die afgelope paar maande gewaar in Parys, Frankryk, waar sy ma, Vanessa, woon.

In April 2020 het sy suster, Lily-Rose, foto's van haar en haar broer se kinderjare in ’n Instagram-plasing gedeel toe hy 18 jaar oud word.

"My klein baba Jackie is 18. My bababoetie, my hart en siel, baie geluk met jou verjaardag. Ek is baie lief vir jou!" het sy geskryf. 

Jack se meisie, die Franse model Camille Jansen, het in April ’n liefdevolle Instagram-plasing opgedra aan Jack.

"Baie geluk, my liefling," het die model geskryf met hartjies daarby. 

In Junie 2018 het Jack gesukkel met "ernstige gesondheidsprobleme", volgens die regisseur Yann Gonzalez, wat destyds met die Franse publikasie Public gesels het. 

Gonzalez was die regisseur van Vanessa se film A Knife in the Heart.

’n Bron het destyds aan People gesê dat die tiener "baie beter" lyk terwyl hy saam met ’n vriend in sy woonbuurt in Parys rondgeloop het.

Intussen volg Johnny (57) en die Franse aktrise Vanessa Paradis (48) se oudste kind, Lily-Rose (21), in haar pa se toneelvoetspore. 

Sy het al 10 rolprente agter haar naam.

Die Pirates of the Caribbean-akteur het sy gesinslewe privaat gehou te midde van sy smerige hofstryd met sy eksvrou Amber Heard.

BRONNE: PAGESIX.COM, ELLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, IMDB.COM, PEOPLE.COM, MARIECLAIRE.COM, REUTERS.COM, NZHERALD.CO.NZ, TMZ.COM, THESUN.CO.UK, PUBLIC.FR
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe