Die Instagram-gebruikers was geskok nadat die modeontwerper Stefano Gabbana, van Dolce & Gabbana-faam, Selena as “so lelik” be­stempel het. En dit nogal terwyl die aktrise ’n Dolce & Gabbana-rok dra!

#selenagomez rocks red dresses ?? Choose your fave: 1,2,3,4 or 5?

A post shared by The Catwalk Italia - TCI (@thecatwalkitalia) on

Onnodig om te sê die aktrise se miljoene aanhangers het dadelik aanlyn vir haar opgekom. Van hulle het hom as 'n kuberboelie uitgekryt terwyl ander hom as 'n "lelike ou man" wie se modes hul naar maak, beskryf het.

Twilight-aanhangers het hom as 'n gek beskryf en op Twitter die volgende boodskap gedeel: "As sy lelik is, wat maak dit die res van ons? 'n Man wat skoonheid skep maar te blind is om dit raak te sien? En 'n verrotte hart boonop?

Perez Hilton het ook sy mes in vir Gabbana ná sy gewraakte opmerking. Hy het op Twitter gesê hy gaan elke bekende wat hy ken, herinner "hoe aaklig" Gabbana is.

Selena se ma, Mandy Teefey, het ook iets vir die modeontwerper te sê gehad. "Wanneer iemand die begeerte het om oor iets te praat deur so 'n haatlike woord te gebruik . . . ignoreer ons dit."

Die sangeres Miley Cyrus (25) het ook haar vriendin van baie jare ondersteun.