Maar die wenner van 23 Grand Slams was duidelik nog nie haarself nie nadat sy ’n hele jaar lank van die baan af was. Sy het aan die Australiese en Franse Ope onttrek – en toe in die eindstryd van die Wimbledontoernooi teen Angelique Kerber verloor.

“Verlede week was nie vir my maklik nie,” skryf die 36-jarige in ’n Instagramplasing.

Sometime our "s" means Shady ????‍??

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

“Nie net het ek baie moeilike persoonlike dinge ervaar nie; ek was ook terneergedruk. Meestal het ek gevoel ek was nie ’n goeie ma nie. Ek het artikels gelees wat sê nageboortelike emosies kan tot drie jaar duur as dit nie behandel word nie.

Berries and beets ??

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

“Om sake met my ma, susters en vriendinne deur te praat laat my weet my gevoelens is heeltemal normaal."

Bronne: DailyMail.co.ukPagesix.comNet-A-Porter.com