Die paartjie se bondeltjie vreugde is op 31 Mei gebore. Hanna het Maandag 'n foto gedeel van die babatjie in klere met die boodskap: “Baie dankie @justchillincapetown vir die pragtige kleertjies en accessories vir my dogtertjie! Dit is super cute. 

Die sokkies het haar oumagrootjie gehekel," het sy bygevoeg.

Best dad in the world @bokvanblerkreal #fathersday

A post shared by Hanna Grobler (@hannagrobler) on

Die glanspaartjie hou hul privaatlewe uit die kollig. Kiekies van onder meer haar ooievaarstee wat Hanna in die sosiale media gedeel het, het wel verklap dat ’n sussie op pad is vir hul seuntjie wat op 19 Desember sy tweede verjaardag vier.

By die geleentheid was dit immers net pienk waar jy kyk. In die eerste kiekie wat Hanna van haar pasgebore baba gedeel het, was die kleinding ook toegewikkel in ’n kombersie met pienk stiksel.

Na hul kleinding se geboorte het familie en vriende in die sosiale media ook die aap uit die mou gelaat toe hulle oor die paartjie se "poppie" en "prinses" gekoer het. 

Hul mediawoordvoerder, Jenny Griesel, het by navraag gesê die paartjie wil in hierdie stadium nie meer uitwei oor hul pienkvoet nie. Dis ook nog nie bekend wat die baba se naam is nie.