'Sex and the City'-sterre gebroke ná medester sterf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die akteur is Dinsdagmiddag ná 'n kort siekbed oorlede, bevestig die glanstydskrif People. Willie het aan pankreaskanker gely en was tydens sy dood in sy familie se sorg.

Willie was bekend vir sy rol as Carrie Bradshaw (Sarah Jessica Parker) se bestie Stanford Blatch in die trefferreeks Sex and the City. Die akteur sal nog verskyn in die nuwe beperkte reeks And Just Like That wat op die Sex and the City-sterre gegrond is. Dit gaan uit 10 episodes bestaan en op die televisienetwerk HBO te sien wees.

“Willie Garson was in die regte lewe soos op die skerm; 'n toegewyde vriend en 'n helder lig vir almal in sy heelal. Hy het een van die geliefste karakters uit die HBO-panteon geskep en was byna 25 jaar lid van ons gesin. Ons is diep bedroef oor sy afsterwe en betuig ons innige meegevoel met sy familie en geliefdes,” het 'n woordvoerder van HBO en HBO Max in 'n onderhoud met die tydskrif People gesê.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees