Armand, wat self gereeld tyd in die natuur deurbring, sê sy karakter, Guy, is “regtig een met die natuur” en sy naam kan skaars meer gepas wees: “Op die oog af is hy ongelooflik manlik, maar hy het ’n deernis en weerloosheid wat wonderlik werk met die ander karakters in die fliek.”

Vir sy rol as die gids het Armand, soos die toeval dit wou hê, sowat vier jaar gelede onbewustelik reeds ’n bietjie voorbereiding begin doen. Hy het al twee keer vir ’n vyfdagtoer oor Nuwejaar op die Oranjerivier saam met vriende gaan roei.

“Dit het my voorberei op wat om te verwag in terme van die hitte en die landskap, omdat ek dit al voorheen gedoen het. Dit raak baie warm.”

“Party dae het ons 20 minute op die rivier geroei, uitgeklim en dan nog ’n uur gestap, net om te kom by die plek waar ons die hele dag sou skiet.”

Hoewel die omstandighede tydens verfilming redelik uitdagend was, sê Armand hy het nog nooit soveel algehele positiwiteit op stel ervaar nie. “Almal het saam gewerk en saam gesuffer, maar daar was nooit regtig ’n oomblik waar jou moed in jou skoene ingesak het nie.” 

Die onderwatertonele is oor twee dae in Johannesburg by die Ellis Park-swembad geskiet. Dit was die eerste keer dat Armand met skubatoerusting gewerk het.

“Jy is besig om jou toneel te doen, jy skree onderwater en gaan tekere,” vertel hy. As jy dan wil lug kry, keer die 10 kg-belt jou om op te kom vir asem en iemand met ’n suurstoftenk moet jou help.

STUNTS ???????????? #GreenScreen #Epic @stroomopfilm @ivanbotha17

A post shared by Stroomop Film (@stroomopfilm) on

“Dis weird om asem te haal onder die water, want dis nie bedoel om so te wees nie,” vertel Armand.

Hoewel die onderwatertonele vir hom uitdagend was, beplan hy om binnekort sy duiklisensie te kry. “Ek het al baie getoer na ongelooflike skuba-plekke in die wêreld waar ek dit nie kon doen nie, want ek het nie my lisensie gehad nie.”

Sy liefde vir reis, die natuur en avontuur bly iets wat Stroomop vir hom spesiaal gemaak het. Hy klim gereeld alleen by Leeukop of Tafelberg op en het onlangs besluit hy sal graag die Camino in Spanje wil stap.

“Ek hou daarvan om op my eie te wees,” sê Armand. “Omdat ek in die Kaap bly en baie toegang het tot berge, gaan stap ek nogal gereeld.”

Oor twee weke is hy weer op pad, dié keer China toe waar hy moontlik ’n paar dae op die Groot Muur wil stap.

“Ek was nogal altyd lief vir stap, maar die hele ervaring van Stroomop het my opnuut my liefde daarvoor laat besef.”

Wen tot R5 000 met Caltex
Het jy al vir ons Caltex-kompetisie ingeskryf? Dit kan die maklikste manier wees om geld vir die vakansie in die hande te kry! Staan ’n kans om elke week vir die volgende drie weke R5 000 te wen – of wen die groot prys van R10 000 in die laaste week van die kompetisie! Maak eenvoudig net seker jy gooi brandstof ter waarde van R300 of meer by Caltex in, hou jou strokie en skryf hier in. Die kompetisie is van 19 Maart tot 16 April 2018.