Trots op wie hy is

Ezra beskryf homself as “queer”. Onder sy ekse tel beroemdes soos sy Beware of the Gonzo-medester Zoë Kravitz (29).

Blits

Ezra het in 2016 sy debuut gemaak as Barry Allen, oftewel The Flash – die vinnigste man op aarde – in die DC-prent Batman v Superman: Dawn of Justice.

Die blits is sedertdien in nog twee flieks, Suicide Squad en Justice League, gesien. Ezra begin volgende jaar aan The Flash se alleenstaande fliek skiet.

Harry Potter-betotteld

Ezra (26) hervat sy rol as die towenaar Credence Barebone in Fantastic Beasts: The Crimes of Grindelwald, wat nou in rolprentteaters gewys word. Die fantasiereeks is ’n uitloper van die gewilde Harry Potter-flieks, waarvan Ezra ’n groot aanhanger is.

Hy’t al minstens 100 keer na die Harry Potter-oudio­boeke geluister en die flieks gekyk – en bieg hy huil elke keer.

Hy’t ook teenoor Emma Watson (28, Hermione), in die 2008-tienerprent The Perks of Being a Wallflower gespeel.

O-o-opera!

Die Amerikaanse akteur het as kind erg gehakkel. Sy ouers, Marta en Robert, se oplossing was om hom op sesjarige ou­derdom vir operaklasse te stuur.

Binne ’n jaar het Ezra, wat ook in die New York Metropolitan-kinderkoor gesing het, ophou hakkel.

Koebaai, skoolbanke

Ezra was allesbehalwe gewild by sy privaat skool in Hoboken, New Jersey, nadat sy debuutrolprent, Afterschool, in 2008 uitgereik is.

Daar is onder meer op hom gepik omdat hy skool misgeloop het om aan die fliek te werk. Dis hoekom hy op 16 die skoolbanke verlaat het.