Dit het begin toe sy 10 was, het sy in ’n openhartige onderhoud met The Guardian vertel. Sy wou geen nadere besonderhede verskaf nie. 

“Ek het geleer om dit te blokkeer. Molesteerders wil ’n mens manipuleer, of dit nou voor of ná die misbruik is. Ek het vir myself gesê: ‘Iets is fout met dié man; hy is nie gesond nie,’ ” het Shania vertel.

Sy is die ma van ’n 16-jarige seun, Eja.

Tydens haar grootwordjare onder haar stiefpa se dak – saam met Jerry, haar ma, Sharon, haar susters, Jill en Carrie Ann, en halfbroers, Mark en Daryll – was sy dikwels terneergedruk.

Shania se stiefpa, Jerry, en haar ma, Sharon.

“Ek het myself baie jammer gekry. Ek het dit oorweeg om (die New Yorkse kinderwelsynorganisasie) Children’s Aid om hulp te vra, maar die idee dat ek van my gesin geskei sou word, was te erg.”

Shania se ma en stiefpa het in 1987 in ’n motor­ongeluk gesterf. As 22-jarige moes sy toe vir haar jonger sibbes sorg.

Drie van haar talle treffers