Die 62-jarige aktrise het gepraat oor hoe sy oorleef het in die “vrouhatende” ­Hollywood, haar stryd met haar liggaamsbeeld toe sy haar 40’s bereik het, en hoe sy begin dans het om haar selfvertroue terug te kry in tye van onsekerheid.

Sy het ook gepraat oor haar liefdeslewe, wat verlede jaar in die kollig was toe die afspraak-app Bumble haar profiel blokkeer het omdat hulle gedink het dis vals.

Haar profiel is sedertdien weer aktief, en gemeet aan wat sy aan Vogue gesê het, het sy al ’n paar interessante moontlike liefdes ontmoet.

“Ek skryf op die oomblik aan iemand wat vir die ruimtevaartprogram werk,” het Sharon ver­klap. “Ek sou andersins nooit so iemand leer ken het nie.”

Hier is ’n paar ­ander sterre wat liefde aanlyn gesoek het . . . 

John Mayer (42)

John Mayer. Foto: Getty Images/Gallo Images
John Mayer. Foto: Getty Images/Gallo Images

Raya-gebruikers vertel die sanger se profiel was ’n skyfievertoning van foto’s met ’n Neil Young-liedjie wat op die agtergrond speel.

Hilary Duff (32)

Hilary Duff. Foto: Getty Images/Gallo Images
Hilary Duff. Foto: Getty Images/Gallo Images

Voor die aktrise met ­Matthew Koma afgehaak het, was sy ’n Tinder-gebruiker en het sy op ’n kol met nege ouens tegelyk gesels. “Die hele proses is uiters ­verslawend,” sê sy.

Zac Efron (32)

Zac Efron. Foto: Getty Images/Gallo Images
Zac Efron. Foto: Getty Images/Gallo Images

“Verbasend genoeg, toe ek op Tinder inteken, het niemand my gekies nie,” sê hy. “Hulle het ­ge­dink my profiel is vals.”

Demi Lovato (27)

Demi Lovato. Foto: Getty Images/Gallo Images
Demi Lovato. Foto: Getty Images/Gallo Images

“Ek het op ’n paar Raya-afsprake gegaan, en dit het goed gegaan. Ek het goeie vriende geword met van die mense wat ek daar ontmoet het.”

Lindsay Lohan (33)

Lindsay Lohan. Foto: Getty Images/Gallo Images
Lindsay Lohan. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die aktrise was so bedrywig op Tinder dat sy selfs haar broer op die app aangetref het. “Kyk wie het ek pas op Tinder gevind,” het sy getwiet.

Channing Tatum (39)

Channing Tatum. Foto: Getty Images/Gallo Images
Channing Tatum. Foto: Getty Images/Gallo Images

Kort nadat hy met die sangeres Jessie J uitgemaak het, is die akteur ­gewaar op Raya, die ­eks­klusiewe afspraak-­app slegs vir be­kendes.

Amy Schumer (38)

Amy Schumer. Foto: Getty Images/Gallo Images
Amy Schumer. Foto: Getty Images/Gallo Images

Voor Chris Fischer het sy met die meubel­ontwerper Ben Hanisch uitgegaan, wat sy op Raya ontmoet het.

Kiernan Shipka (20)

Kiernan Shipka. Foto: Getty Images/Gallo Images
Kiernan Shipka. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die aktrise is ’n Raya-aanhanger en het aan die tydskrif Stylist gesê: “Raya vir altyd. Ek is mal daaroor.”