Kate Moss en Gigi Hadid het meer soos tweelingsusters gelyk toe hulle saam vir Stuart Weitzman se nuwe 2018-veldtog poseer.

Op 44 is die Britse Kate net mooi twee keer so oud as haar 22-jarige Amerikaanse eweknie.

Gigi was duidelik baie opgewonde daaroor om met een van die beroemdste supermodelle ter wêreld saam te werk.

Sy het op Instagram geskryf: “Ek het die groot eer en plesier gehad om die nuwe @stuartweitzman-veldtog saam met die onvergelyklike Kate te skiet.”