Sien ons reg? Die internet is op hol oor dié Selena Gomez-ewebeeld

akkreditasie
Foto: Gallo Images/ Getty Images
Foto: Gallo Images/ Getty Images
Dit gons op Instagram oor Sofia Solares van Mexico wat nes die sangeres lyk.

Die 22-jarige, wat met meer as 711 000 aanhangers in sosiale media spog, het aan E! News gesê sy is self ’n groot aanhanger van die Amerikaanse sangeres en aktrise.

700 ? Más cachete que niña * Gracias por todo ??

A post shared by Sofia Solares (@sofisolars) on

??

A post shared by Sofia Solares (@sofisolars) on

“Ja, ek is versot op Selena Gomez en beskou myself as ’n aanhanger, en dit sal natuurlik ’n droom wees om te weet sy is bewus van my bestaan,” het Sofia aan E! gesê.

??

A post shared by Sofia Solares (@sofisolars) on

“Ek sal huil van geluk as sy ’n paar minute moes afstaan om vir my iets te skryf!”

Sofia se sosiale media loop oor van kommentaar van mense wat haar met Selena vergelyk.

“Ek besoek elke dag haar blad net om dit te geniet hoe identies sy aan Selena is, en ek is elke keer geskok,” het ’n aanhanger gesê.

“Kyk, dis Selena se tweeling,” het nog een laat hoor.

Hermosas sombras ! Gracias @cutestore00 ♥?

A post shared by Sofia Solares (@sofisolars) on

En hoewel sy gereeld verwar word met Selena, ’n vervaardiger van die reeks 13 Reasons Why, sê sy sy probeer altyd getrou aan haarself bly.

“Daar is tye wanneer sy iets dra of haar voorkoms verander, en as ek van iets hou, sal ek dit dra of dit doen omdat dit my werklik inspireer, maar ek probeer altyd getrou bly aan myself,” sê Sofia. 

Lindos ojos con @ttd_eye

A post shared by Sofia Solares (@sofisolars) on

“Dis wonderlik dat ek soos sy lyk, maar ek wil nie myself verloor deur iemand te word wat ek nie is nie.”

Bronne: Eonline.com, Teen Vogue, People

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees