Siya en Rachel, wat mekaar in 2012 op Stellenbosch ontmoet het, is al vier jaar lank getroud. Hul eersteling, Nicholas Siyamthanda, is in 2015 gebore en hul dogtertjie, Keziah, in 2017. Die egpaar het ook Siya se halfbroer- en suster, Liyema en Liphelo, aangeneem.

Nes die meeste verhoudings beleef hulle ook hoogte- en laagtepunte, maar hulle staan sterk saam – en die 28-jarige rugbyspeler herinner gereeld sy vrou daaraan dat hy nog smoorverlief op haar is.

Hier is van ons gunsteling-oomblikke van Siya en Rachel in die sosiale media 

Hy skryf soms sy liefdesbriewe aan Rachel in die sosiale media in sy huistaal, Xhosa, wat talle laat wonder of sy weet hoe om dié taal, wat as een van die moeilikste Suid-Afrikaanse tale beskou word, te praat.

“Dankie dat jy in my glo en my uitdaag om beter te wees. Ek raak nooit moeg daarvoor nie,” het Siya by een inskrywing geskryf.

View this post on Instagram

Everything ?????

A post shared by Siya Kolisi (@siya_kolisi_the_bear) on

Siya het onlangs 'n foto gedeel van hom en Rachel toe hulle jonger was en daarby geskryf: "Mev. Kolisi, dankie dat jy in my glo en my uitdaag om beter te wees".

Op Moedersdag het hy ook 'n foto van hom en Rachel op Instagram gedeel. Daarby skryf hy: “Elke keer wanneer ek aan jou dink, klop my hart soos Junie-Julie, ek weet nie hoekom nie. Elke keer as ek jou soen, dink ek: ‘Hmmm, dit was lekker’. Ons het jou lief, ons waardeer jou, gelukkige Moedersdag."

Siya koer gereeld op Instagram oor sy vrou. Hy het onlangs vertel van ’n spesiale oomblik by ’n geleentheid toe Rachel hom heeltyd gevra het of hulle huis toe kan gaan.

“Julle het groot pret, nè! Siya, jy glimlag so mooi asof jy ’n African salad sien! Maak klaar, want hierdie skoene maak my seer, ek wil huis toe gaan en my voete laat rus.”

Siya het ook ’n foto gedeel van hom en Rachel wat mekaar omhels in die Krugerwildtuin en geskryf: “Dankbaar dat God my met jou geseën het om hierdie reis mee te deel #OurSingita”

Siya deel gereeld foto's van hom en sy gesin tuis tydens die inperking. 

Hy het onlangs 'n video gedeel van sy suster wat sy hare skeer. "Moenie jou familielede vra om jou hare te sny nie," het hy by die video laat hoor.

Siya het ook Dinsdag 'n video gedeel waar hy help huis skoonmaak. Sy spanmaat Cheslin Kolbe se vrou, Layla, het toe laat hoor: "Wanneer Rachel nie ingestem het vir hare sny nie, moet jy mop my vriend!"

Siya het by die video geskryf hy het die video gedeel om 'n uitdaging vir mans te begin. "Tag my in jou huis skoonmaak- of kook-inskrywings en jy kan 'n getekende rugby T-hemp wen," het hy daarby geskryf.

"Hou aan met die goeie werk," het een van sy aanhangers laat hoor. "Jy is 'n inspirasie vir baie."

Bron: Instagram