En hy het sommer ’n mondvol te sê.

Die 40-jarige rapper het op Twitter uitgevaar en onder meer sy steun aan die omstrede pres. Donald Trump toegesê.

Hoewel vroulief Kim Kardashian (37) dadelik haar man se reg tot sy eie politieke menings in die sosiale media gesteun het, was sy beroemde pelle minder vergewensgesind.

Kim het intussen dié foto van Kanye met hul dogter Chicago (3 maande) en haar met hul seun, Saint (2), en dogter North (4) op Instagram gedeel.

Luidens berigte volg die sterre Ariana Grande, Drake, Harry Styles, Katy Perry, Justin Bieber en Rihanna hom sedertdien nie meer op Twitter nie. Selfs sy skoonsusters Khloé en Kourtney Kardashian volg nie meer hul swaer en sy Trump-gesinde uitsprake nie.

Luidens verskeie berigte probeer Kim haar man steun, maar haar geduld is aan die opraak.

“Kim probeer hom en die situasie beheer, maar hy kan nie beheer word nie,” sê ’n bron oor die paartjie wat binnekort hul vierde huweliksherdenking vier.

“Sy doen haar bes om hom in die sosiale media te steun en ’n ander kant van sake te wys, maar dit werk nie.”

Die huis

In reaksie op internetgrappies waarin sy lewe vergelyk word met die fliek Get Out (met ­Daniel Kaluuya en Allison Williams), waarin ’n swart man deur sy wit meisie en haar familie aangehou word, het Kanye ’n foto van hul huis gedeel.

Kim was ontsteld oor die foto's van die huis wat manlief Kanye gedeel het.
Allesbehalwe vleiende kommentaar oor die West-Kardashian-huis.
Die afwesigheid van plante het ook aandag getrek.

Vroulief het hom vasgevat omdat hy foto’s van hul privaat woning deel, en sosialemediagebruikers het met die binne­versiering gespot.

Trump-drama

Die Wolves-rapper het ook privaat teksboodskappe op Twitter gedeel tussen hom en sy jare lange vriend en medewerker John Legend (39).

John Legend het nie gehuiwer om vir Kanye oor sy Trump-lofliedere aan te vat nie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Die privaatgesprek tussen John Legend en Kanye.

Dié het vir hom ’n boodskap gestuur oor sy openbare steun aan die beleërde Amerikaanse pres. Donald Trump. Maar dit lyk of die twee hul verskillende menings oorkom het, want hulle is later gewaar waar hulle by die ooievaars­tee van John se vrou, Chrissy Teigen (32), dans.

BRONNE: PEOPLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, HELLOMAGAZINE.COM