Die Amerikaanse koerant The Baltimore Sun het beeldmateriaal gekry van Sisqó (39) wat die gewaagde liedjie op sy en sy jare lange meisie, Elizabeth Pham, se troue in Augustus sing.

Toe die koerant hom daaroor pols, het die sanger, wie se regte naam Mark Andrews is, verduidelik: “Ek het eers die Thong Song gesing oor die heel eerste deurtrekker wat ek gesien het. Daarom was dit gepas om oor die laaste een te sing wat ek ooit sal sien . . . in privaatheid, bygesê.”

Happy Birthday ?? to .....*see next post* ??

A post shared by Dragon (@sisqo) on

Sy horde aanhangers hoop seker hy lewer dieselfde vertoning wanneer hy en sy groep, Dru Hill, later vandeesmaand in Suid-Afrika toer. 

Bronne: Thebaltimoresun.com, The Gaurdian.comDailyMail.co.uk