Deesdae maak die 32-jarige aktrise en sangeres naam oorsee as eienaar van ’n luukse ­oord.

 ’n Paar maande gelede het die voormalige Hollywood-stoutkind die Lohan Beach House in Mikonos, Griekeland, geopen.

Volgens bronne het dit genoeg sand vir ’n kroeg en sokkerveld asook uit­gestrekte houtdekke, weelderige afdakke en opgestopte rusbanke. 

Al wissel die kommentaar – jy kan mos nie almal tevrede stel nie – lyk dit asof dit beter gaan met die beleërde Lilo.

Die aktrise het pas ’n MTV-program losgeslaan en sal na die kassie terugkeer in ’n nuwe werklikheidsreeks wat op haar gewilde Griekse strandklub gegrond is.

Mooi so, Lilo.