Hiér is ander snaakse koninklike protokolle waarvan jy dalk nie geweet het nie:

1. Koninklike erfgename mag aanvanklik nie saam met mekaar gereis het nie

Om die volgende generasie koninklikes te beskerm, mag koninklike erfgename nie saam met mekaar reis nie.

Prins William, hertog van Cambridge, het egter hierdie reël gebreek nadat hy in 2013 saam met sy vrou, Catherine, hertogin van Cambridge, en hul seun George na Nieu-Seeland gereis het.  

Prins William, Kate en prins George wuif op 16 April 2014 vir die skare voordat hulle met 'n Australiese lugmagvliegtuig na Wellington, Nieu-Seeland, vlieg. Foto: Hagen Hopkins/Getty Images

2. Koninklikes mag nie hul handtekening uitdeel nie

Die Britse fotograaf Paul Williams het in 2010 ’n spesiale oomblik vasgevang toe prins Charles sy handtekening vir ’n aanhanger gegee het. Slegs koninklikes mag amptelike dokumente onderteken. Dit was egter nie die eerste keer dat die prins 'n nie-amptelike "dokument" onderteken het nie.

In November 1996 het hy tydens sy besoek aan Kazakhstan ook sy handtekening op gedenkvlaggies gemaak.

Dié foto is op 8 November 1996 geneem. Foto: Chip HIRES/Gamma-Rapho via Getty Images

Meghan het ook hierdie protokol gebreek toe sy vroeër vanjaar haar handtekening vir ’n klein dogtertjie in Wallis gegee het.

Die uitdeel van handtekeninge word verbied om te verhoed dat koninklike handtekeninge nagemaak word.

3. Wanneer die koningin staan, moet almal staan!

O ja, en niemand mag eet nadat die koningin haar laaste happie geëet het nie . . .

Almal staan wanneer koningin Elizabeth staan. Dit sluit ook in dat almal moet staan wanneer sy ’n kamer binnekom of verlaat.

Etenstyd saam met die koninklikes behels ook ’n reeks protokolle. Tydens voorgereg knoop die koningin slegs geselsies met die persoon aan haar regterkant aan. Tydens hoofgereg sal sy slegs met die persoon aan haar linkerkant gesels.

Almal moet ook ophou eet nadat die koningin haar laaste happie geëet het.

Solank as wat die koningin nog staan, mag niemand sit nie. Dié foto is op 1 November 2016 tydens die staatsbanket vir Juan Manuel Santos van Colombië (links van die koningin) nadat hy die Nobelprys vir vrede gewen het. Foto: DOMINIC LIPINSKI/AFP/Getty Images

Terloops, beplanning vir die koninklike staatsbanket begin meer as 'n jaar voor die groot dag, en die koningin hou gewoonlik twee sulke groot geleenthede per jaar waarheen net 160 gaste genooi word.

En elke detail, hoe groot of gering dit mag wees, word persoonlik deur die koningin bekyk en deur haar goedgekeur mits sy tevrede is met alles!

4. Geen gekafoefel nie

Fisieke aanraking moet eerder vermy word, veral as die koninklikes op reis is. Myka Meier, ’n kenner van koninklike etiket, sê egter dít is nie ’n vaste reël nie en die koninklikes doen dit eerder om professioneel voor te kom.

Meghan en Harry het hierdie protokol tydens hul eerste openbare verskyning as ’n paartjie gebreek toe hulle in 2017 tydens die Invictus-spele afgeneem is.  

Tydens die afsluitingseremonie van die Invictus-spele in Toronto (2017) is dié oomblik tussen prins Harry en Meghan vasgevang. Foto: Karwai Tang/WireImage

5. Koninklikes moet altyd gereed wees vir ’n begrafnis

Koninklikes moet altyd ’n swart uitrusting in hul tas hê wanneer hulle op reis is sodat hulle gereed sal wees as daar ’n onverwagse begrafnis moet plaasvind.

Koningin Elizabeth II tydens Patricia Knatchbull, hertogin Mountbatten van Burma op 27 Junie 2017 in Londen. Foto: Max Mumby/Indigo/Getty Images

6. Geen selfies of sosiale media vir koninklikes nie

Die Britse koerant The Telegraph het in 2015 berig dat prins Harry nie ’n aanhanger van selfies is nie.

’n Jong aanhanger het glo tydens die prins se besoek aan die Australiese Oorlogsmuseum vir ’n foto gevra, maar die prins het die jong aanhanger aangeraai om eerder die gewoonte van selfies af te leer.

Hy  het wel 'n paar jaar gelede vir 'n selfie toegelaat tyden 'n besoek aan Estland.

Op 16 Mei 2014 het 'n jong prins Harry wel ingestem om 'n selfie te laat neem. Foto: Chris Jackson/Getty Images

Bronne: dailymail.co.uk, bravotv.com, marieclarie.com, popsugar.com, harpersbazaar.com.au, stylist.co.uk