MAMMA SE KLEIN PATROON

Haar ma, Victoria Beckham (44), het in die 1990’s die ­“Pob”-haarstyl ’n modegier gemaak.

Hair cut for our baby girl x kisses from Harper x #howchic

A post shared by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

En onlangs het Harper Beck­ham (7) aan haar ma van Spice Girls-faam hulde gebring deur haar eie lokke, wat tot by haar middeltjie gehang het, in ’n byderwetse bob te laat sny.

Die Beckhams en die Ramsays herenig

Victoria het onlangs ’n foto geplaas van die Beckham-en Ramsay-gesin wat byeengekom het om Gordon se vrou, Tana, se 44ste verjaardag te vier. 

Happy birthday @tanaramsay x We love u so much x kisses from us all!! X VB

A post shared by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

VAN LINKS: Cruz Beckham (13), David (43), Romeo (16), Brook­lyn (19), Victoria, Gordon (51), Tana, Jack (18), Holly (18), Megan (20) en Harper. As jy mooi kyk, kan jy sien klein Harper dra hakskoene! Aard na haar ma . . .

’N SEXY MAMMA

Die nuwe ma Cardi B (25) het ’n smeulende kiekie van haar op ’n privaat straler gedeel – met net swart onderklere aan. 

im on my way to you

A post shared by CARDIVENOM (@iamcardib) on

Die inskrywing lui: “Ek is op pad na jou toe.” Die I Like It-rapper was in Los Angeles om ’n musiekvideo saam met Selena Gomez en die sanger Ozuna vir ’n nuwe DJ Snake-snit te skiet. 

The sweetest girl in the world @selenagomez ??

A post shared by CARDIVENOM (@iamcardib) on

Sy was op pad terug na haar man, Offset (26), en hul twee maande oue baba, Kulture, wat ongetwyfeld albei bly sal wees om haar te sien. 

DRAKE VERRAS JONG AANHANGER 

Die superster Drake het ’n 11-jarige aanhanger en hartoorplantings­pasiënt met ’n besoek in die hospitaal verras vir haar verjaardag. 

Me and my love Sofia talking about Bieber and Owls and Basketball??????

A post shared by champagnepapi (@champagnepapi) on

Sofia Sanchez, wat in ’n kinder­hospitaal in Chicago behandel word, het aan die #KikiChallenge deel­geneem nadat sy verlede maand hartchirurgie ondergaan het.

Sy het haarself afgeneem waar sy op die maat van die rapper se In My Feelings dans terwyl sy uit haar rolstoel opstaan.

??????

A post shared by champagnepapi (@champagnepapi) on

Sofia kon haar oë nie glo toe ­Drake (31) by haar kamer instap nie.

“Ek het gedink: Liewe hemel, ek het nie gedink hy’s so lank nie,” sê ­Sofia in ’n video wat hospitaal­personeel­lede opgeneem het.

“Ek het ’n minuut lank nie gepraat nie. Ek het heeltyd gewonder of dit werklik is.”

WAT ’N MOOI DAG 

Naomi Campbell (48) het saam met die supermodelle Helena Christensen (49) en Christy Turlington (49) en die sakevrou en aktivis Ali Hewson (57), vrou van die U2-rocker Bono, op ’n boot partytjie gehou. Van links is Helena, Ali, Naomi en Christy.

#FAM ♥?♥?♥? @helenachristensen @cturlington #AliHewson

A post shared by Naomi Campbell (@naomi) on

Die 58-jarige musikant en sy vrou het onlangs hul 36ste huweliksherdenking by hul strandhuis in die suide van Frankryk saam met hul glansvriende gevier.