In ’n onlangse video vat die Oscar-wenner die stroomdiens aan oor hul “geslags- en kleurvooroordeel”.

Sy sê hulle het haar $500 000 vir ’n program aangebied, “maar Amy Schumer is $11 miljoen aangebied; Dave Chappelle en Chris Rock $20 miljoen.”

Toe sy meer geld vra, het sy gehoor: “Dis wat ons meen jy sal inbring.”

Die komediant Wanda Sykes sê sy is nog minder aangebied. Mo’Nique vra nou hoe dit kan wees dat “twee swart vrouekomediante wat op die kruin van hul beroep is, net $750 000 aangebied word?”