Om die waarheid te sê, hy dring daarop aan om self sy eie waagtoertjies op stel te doen.

Wie kan daardie video vergeet wat in Augustus 2017 soos ’n veldbrand aanlyn versprei het waarin die 55-jarige akteur dramaties bo-op ’n gebou staan en van die een gebou na die ander spring.

Hy val dan teen die gebou met sy enkel en moet dan letterlik homself optrek teen die gebou. Jy kon dan sien hoe hy hinkepink probeer regop kom.

Get ready for the most thrilling mission yet...

A post shared by Tom Cruise (@tomcruise) on

Tom het onlangs op die Ierse TV-aanbieder Graham Norton se kletsprogram verskyn. Hy het toe die gehoor verseker die toertjie het afgeloop soos dit moet.

Hy moes van die begin af probeer om die gebou mis te spring en dan homself teen die muur optrek. Maar hy moes beslis nie sy enkel gebreek het nie!

Hy het beeldmateriaal van dié voorval saamgebring, en ’n nabyskoot van sy voet wys hoe hy sy enkel morsaf gebreek het.

“Ek het dadelik geweet ek het dit gebreek," het Tom laat hoor terwyl hulle na die video gekyk het. 

Tom is redelik sku in sosiale media, maar hy het onlangs op Donderdag 25 Januarie op die gewilde sosiale netwerk Instagram aangesluit.

Hy het sover foto’s van die nuwe Mission Impossible-fliek op sy Instagram-profiel gedeel en ook die titel onthul. Die fliek gaan amptelik Mission: Impossible Fallout heet. Dit sal sal later in 2018 in teaters begin draai.

Get ready. #MissionImpossible

A post shared by Tom Cruise (@tomcruise) on