Op die nuwe profiel is Ilse-Lee, wat bekend is vir haar karakter Lorette Bekker in die sepie Getroud met Rugby, net bekend as Candy, ’n 21-jarige erfgenaam van ’n skatryk pa wat Engels praat en boonop lewensadvies aan haar aanhangers uitdeel asof dit lekkergoed is.

?? Hey guyz! ???? welcome to my offical Insta ????‍?? just wanted to introduce myself! ??????sending hearts & kisses, but have to dash off to brunch xox ??#TheSweetLifeAccordingToCandy ??

A post shared by Candy ?? (@sweetlifeaccordingtocandy) on

“Ek dink dit was snaaks om rond te speel met daardie karakter, iemand wat dink sy is baie wys, maar nie eintlik weet hoe die lewe werk nie,” sê Ilse-Lee oor Candy.

In ’n onlangse rits inskrywings het Candy ’n hond probeer aanneem, met skreeusnaakse gevolge.

Volgens Ilse-Lee is Candy glad nie gekwalifiseerd om lewensadvies te gee nie. “Inteendeel, ek dink nie sy moet vir enigiemand ooit lewensadvies gee nie,” vertel die aktrise wat in September haar tasse gepak en Getroud met Rugby vaarwel geroep het om vir twee jaar in Engeland te bly. Sy gaan daar by die spog-dramaskool Guildford in Surrey, Londen, swot om haar meestersgraad in drama te verwerf.

Die idee van die karakter Candy het gespruit uit ’n karakter wat die Binnelanders-aktrise Pascal Pienaar op Instagram geplaas het van ’n Beverly Hills-ma.

“Ek het toe my eie Kalifornië-ma as antwoord op haar video gedoen en ek het dit so baie geniet dat ek gedink het ek moet my eie karaktertjie maak.”

"Aankondiging: ok, so, dit het nie tussen my en Hugo uitgewerk nie. Dit was nie ek nie, dit was hy," skryf Ilse-Lee op Instagram. Foto: Instagram.

Candy se Instagram-rekening heet @sweetlifeaccordingtocandy. En wat maak haar lewe so “sweet”?

“Ek dink dis haar uitkyk op die lewe. Sy dink dis sweet,” sê Ilse-Lee. 

"Wêreld!! ONTMOET BAE!!! ONS IS SO VERLIEF!!!!!!!" skyf Ilse-Lee by dié foto op Instagram. Foto: Instagram.

“Op ’n sekere manier is dit eintlik ’n mooi ding dat iemand so baie glo in hulself dat dit nie saak maak wat ander mense dink nie.”