Brigitte Nielsen (54) het die goeie nuus op Instagram gedeel.

Sy en haar vyfde man, Mattia Dessi (39), het in 2006 in Malta getrou. Dit sal hul eerste kind saam wees.

family getting larger ?? #me #family #brigittenielsen #babybump

A post shared by Brigitte Nielsen (@realbrigittenielsen) on

Mattia is self 'n voormalige model.

#sunnyday #sun #summer #husband #cute #husbandandwife #family #brigittenielsen #selfie

A post shared by Brigitte Nielsen (@realbrigittenielsen) on

Brigitte het reeds vier seuns: Julian Winding (34), Killian Gastineau (28), Douglas Meyer (25) en Raoul Meyer jr. (23). 

Btw...my boys ??#mothersday #family #life #brigittenielsen

A post shared by Brigitte Nielsen (@realbrigittenielsen) on

Net ’n jaar nadat sy in 1984 van haar eerste man, Kasper Winding, geskei het, het sy met Sylvester Stallone (die man wat die titelrol in die Rocky-lokettreffers oor 'n kampioenbokser vertolk het) getrou. Die twee het saam in Rocky IV (1985) en Cobra (1986) verskyn.

Die fliekreeks se sukses het egter aansienlik langer as hul huwelik gehou.

Brigitte was 21 jaar oud toe hulle op 15 Desember 1985 in Beverly Hills getrou het. In Julie 1987 is hulle van mekaar geskei.

Brigitte se eerste fliekrol was in Red Sonja (1985) saam met nog ’n bekende spiertier, Arnold Schwarzenegger. Die twee het ook ’n kortstondige verhouding gehad. 

Bronne: intouchweekly, people.com, independent.ie