Die aktrise Allison Mack wat Chloe Sullivan in Sma
Die aktrise Allison Mack wat Chloe Sullivan in Smallville gespeel het. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Allison, wat Chloe Sullivan in die reeks gespeel het, is ook met R280 000 beboet en ná haar vrylating sal daar drie jaar lank toesig oor haar gehou word.

In ’n brief wat sy as deel van die vonnismemorandum ingedien het, sê die 38-jarige aktrise haar betrokkenheid by Nxivm was die “grootste fout en berou” van haar lewe. Sy vra ook dié mense verskoning wat sy deur haar optrede skade berokken het.

“Aan dié wat ek by Nxivm ingebring het, sê ek ek is jammer,” skryf sy. “Ek is jammer ek het julle ooit aan die skandelike planne van ’n versteurde man blootgestel waardeur julle emosioneel mishandel is.”

Allison is in 2018 saam met verskeie ander Nxivm-leiers, onder wie die kultusleier Keith Raniere (60), in hegtenis geneem.

Hy is verlede jaar tot 120 jaar tronkstraf gevonnis.

’n Vonnis van tussen 14 en 17 jaar tronkstraf is vir die aktrise aanbeveel. Maar die aanklaers het die hof oorreed om haar ’n ligter vonnis te gee omdat sy die staat “aansienlike hulp” met die ondersoek na en vervolging van die ander verleen het.

Allison se prokureurs het gevra dat sy geen tronkstraf opgelê word nie.

Die leier van Nxivm, Keith Raniere, is vir 120 jaa
Die leier van Nxivm, Keith Raniere, is vir 120 jaar tronk toe gestuur vir sekshandel en ander misdade – ’n lewenslange vonnis vir alle praktiese doeleindes. Foto: YouTube (skermgreep).

Die regter, Nicholas Garaufis, het gesê die aktrise was “ ’n wesentlike medepligtige” en ’n “bereidwillige en proaktiewe bondgenoot” van Raniere.

Maar hy het ook gesê: “Ek twyfel nie dat jy gemanipuleer is en ook vasgevang gevoel het nie.”

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe