Die opmerking is gemaak nadat die 46-jarige Britse aktrise sexy bikinifoto’s van haarself tydens 'n vakansie in Los Cabos in Mexiko saam met ’n mansvriend gedeel het.

Toe een gebruiker opmerk: “Dit lyk vir my of jy ’n middeljarekrisis of iets beleef,” het Kate teruggekap met: “Regtig! Ek dink dis omdat jy ’n irriterende dwaas is.”

View this post on Instagram

??????

A post shared by Kate Beckinsale (@katebeckinsale) on

View this post on Instagram

If Jonny tunnels 20 feet I let him have a popsicle

A post shared by Kate Beckinsale (@katebeckinsale) on

Die persoon het ’n rukkie later geantwoord: “Ten minste het ek mooi groen oë en my jeug,” waarop Kate laat hoor het: “Ja, my skat, ten minste het jy dit.”

Die boodskappe het heelwat reaksie ontlok en talle aanhangers het die beeldskone brunet verdedig.

"Sê hulle, Kate," het een op Instagram laat hoor. "Moenie eens daarna luister nie, jy is pragtig," het nog een geantwoord. " 'n Middeljarekrisis het nog nooit so goed gelyk nie," was nog een se reaksie.

Die aktrise, wat 'n 20-jarige dogter, Lily Mo Sheen het, is nie skaam om lyf te wys nie. Sy het tydens haar vakansie talle foto's van haar bikini-lyf met haar Instagram-volgelinge gedeel.

Sy het ook 'n kiekie van haar in 'n swart bikini gedeel. "Sy's te oud . . . sy soek aandag," het een van haar volgelinge laat hoor. 

View this post on Instagram

Out of office ?? @nobuloscabos

A post shared by Kate Beckinsale (@katebeckinsale) on

Kate het toe ook gekap: "Is jy bewus daarvan dat jy eintlik maar net iets van jouself verklap wanneer jy iemand wat jy nie eens ken nie, van so iets beskuldig?" 

"Ek ken jou nie, en ek weet nie wie jou laat voel het jy kan nie aantreklik wees as jy ouer raak nie. Luister nou maar na my: Moenie dat enige van daai nonsens jou pla nie," skryf Kate in reaksie op die persoon wat meen sy's te oud om so lyf te wys.

"As jy nog jonk is en bang is om oud te word, moenie wees nie. Dis hoe mense probeer om vroue bang te maak. Ek kan nie my nie eens indink hoe ongelukkig jy moet wees om sulke goed hier te skryf nie. Ek weet jy het baie meer om te bied as om hierdie soort ding te doen."

Kate, wat gereeld in die gimnasium sweet om fiks te bly, sluit die boodskap af met: "Ek stuur vir jou liefde."

Kate geniet tans haar lewe as losloper nadat haar skeisaak teen haar man, Len Wiseman (46), in November ná 'n onderhandeling van drie jaar uiteindelik gefinaliseer is. Hulle het in 2004 getrou, maar hul paadjies het in 2015 geskei.

Die aktrise was voor dit lank in 'n verhouding met die akteur Michael Sheen (50). Hy is die pa van haar dogter, Lily.

Michael Sheen
Michael Sheen Foto: Gallo Images/Getty Images

Kate het vroeër vanjaar uitgegaan met Pete Davidson, die sangeres Ariana Grande se eksverloofde wat 20 jaar jonger is as Kate, maar Pete gaan deesdae uit met die model Kaia Gerber, die supermodel Cindy Crawford se 18-jarige dogter.

Pete Davidson
Pete Davidson Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: Instagram, Daily Mail