Katie Holmes en Jamie Foxx se verhouding is seker een van die mees private verhoudings in Hollywood.

Aanhangers was alte bly om dié paartjie by die jaarlikse Clive Davis-voorpartytjie vir die Grammy-pryse te sien. 

Katie Holmes en Jamie Foxx. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Luidens berigte was Katie ongemaklik tydens die geleentheid en het sy na ’n ander tafel geskuif. Maar 'n fotograaf kon darem ’n paar gelukkige oomblikke vasvang voor sy geskuif het.

Foto: Gallo Images/ Getty Images
Foto: Gallo Images/ Getty Images
Foto: Gallo Images/ Getty Images
Foto: Gallo Images/ Getty Images

Gerugte doen al sedert 2013 die ronde dat die twee akteurs ’n paartjie is, maar nie een van hulle het dit al in die openbaar erken nie. ’n Bron het in 2015 aan people.com gesê hulle is al jare lank vriende. 

"Hulle is twee volwassenes wat albei aantreklik en enkellopend is; natuurlik sal gevolgtrekkings gemaak word. Maar hulle sal nie skielik drasties ernstige besluite daaroor neem nie," het die bron toe vertel.

Katie en Tom Cruise se paaie het in 2012 ná ’n huwelik van ses jaar geskei.

Katie Holmes en Tom Cruise. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Hulle het ’n 11-jarige dogter, Suri. 

Katie en Suri. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Ons kan skaars wag om te sien hoe die liefde blom!

Bronne: Nationalpost.comPeople.com