MAANDAG 

Oggendselfie

Dean selfie
Foto: Verskaf

Dean staan gewoonlik net ná sesuur op in sy woonstel in die noordelike voorstede van Kaapstad om halfagt by die werk te wees. “Ek maak eers my bed op voor ek enig­iets anders doen.”

Mentor

Mentor
Foto: Verskaf

Hier is Dean saam met Abduraghmaan Adams (Suidooster se Ian October) en die regisseur, Romano Gorlei. Dit was aanvanklik vir Dean ietwat intimiderend om teenoor Abdu­raghmaan te speel omdat hy een van sy dosente was toe hy drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer het.

Welkom op die stel!   

op kantoor
Foto: Verskaf

Terwyl hy en sy Suidooster-medeakteurs wag om na die stel geroep te word, sit en klets hulle met mekaar by hul atel­jee in Milnerton. Hulle help mekaar ook om woorde te leer en gaan saam deur repetisies. “Wanneer ons klaar ons woorde geleer het, sit ons almal saam en gesels,” vertel Dean.

DINSDAG 

Wroem-wroem 

Dean by sy kar
Foto: Verskaf

Dean het vir ’n week ’n Mercedes-Benz gekry nadat ’n skreeusnaakse video wat hy op Facebook gedeel het – waarin hy kamma met sy motor praat – meer as 120 000 keer gekyk is. “Die enigste ding van die motor waarvan ek nie gehou het nie, is die feit dat ek dit moes teruggee,” skerts hy.

WOENSDAG 

Stemkunstenaar

stemkunstenaar
Foto: Verskaf

Dean moet ook tyd inruim om stemopnames by Homebrew Studios te doen. Hy is die stem van die karakter Enjin in die telenovelle Gebroke Harte (Paramparça), ’n Turkse storie wat in Afrikaans oorgeklank is en op eExtra uitgesaai word. Hy skiet die stemopnames tussen sy tonele vir Suidooster deur of wanneer hy ’n tyd-jie in sy besige werkroos-ter het.

DONDERDAG 

Rustig

Dean ontspan
Foto: Verskaf

Ná lang ure op die stel geniet die jong ster dit om in sy woonstel te rus en televisie te kyk. Hy hou van enigiets snaaks op die kassie. Komediereekse is sy gunsteling, sê hy.

VRYDAG 

Ontbyt bo! 

Ontbyt
Foto: Verskaf

Dean moet sommige naweke dwarsoor die land toer om feeste by te woon. Hier eet hy voor sy besige dag begin ’n ontbyt van spek, eiers en worsies by die gastehuis op Aggeneys waar hy tuisgegaan het. Op ’n gewone dag op Suidooster se stel hou hy van weglê aan ’n gesonde ontbyt. 

‘Ek eet gewoonlik vrugte en ge­wone jogurt en heuning’

SATERDAG 

Seremoniemeester

Dean en Markus
Foto: Verskaf

Dean maak ’n draai op die myndorpie Aggeneys tussen Pofadder en Springbok om die jaarlikse Aggeneysfees by te woon. Dié fees word gehou “om die dorp se bestaan te vier”. Hy en Marco Spaumer (wat Tim du Plooy in Suidooster speel) het as seremoniemeesters op die fees opgetree. 

Selfietyd! 

Dean en Lady Zamar
Foto: Verskaf

\By die Aggeneysfees het hy kunstenaars soos Lady Zamar, die sangeres agter die trefferliedjie Collide, ontmoet. “Lady Zamar het ’n baie goeie energie wat haar gehoor betref; sy behou hul aandag.”

Hy het ook weer die Afrikaanse sanger Kurt Darren, wat hy al voorheen ontmoet het, gesien. “Die fees was baie lekker. Die mense is ’n baie hegte gemeenskap,” vertel Dean. 

SONDAG 

Tot siens, Upington!

Dean by die lughawe
Foto: Verskaf

‘Teen hierdie tyd was ek lekker moeg gewerk. Dit was my eerste keer op Upington’
 
kaapstad lughawe
Foto: Verskaf

Hier is Dean op die Upingtonlughawe op pad terug Kaap toe ná ’n besige naweek in die Noord-Kaap.