Die tweestuks

Die Kanadese platejoggies Joe Depace (29) en Andrew Fedyk (26) se wegholtreffer Body is omtrent ’n oorwurm. Dis al meer as 402 miljoen keer op die stroomdiens Spotify geluister en die liriekvideo het 100 miljoen YouTube-trefslae!

Voor roem

Joe en Andrew het mekaar op laerskool in hul tuisstad, London, Ontario, ontmoet. Hulle het ná skool na Los Angeles verhuis om hul musiekdrome na te jaag. Hulle was platsak en het ’n eenslaap-kamerwoonstel gedeel.

“Ons het in dieselfde bed geslaap; dit was nie glansryk nie,” vertel Andrew.

“Ons het op hawermoutpap oorleef.”

Musiekmaats

Joe en Andrew het ’n droomlys van musieksterre saam met wie hulle graag wil werk – onder andere die Britse sanger Ed Sheeran en die Amerikaanse liedjieskrywer Starrah.

Die inspirasie agter hul naam

Andrew het op hoërskool saam met baie YouTube-­rappers gewerk.

“Hul ­musiek was vrot, maar hulle het vir alles name gehad wat jou aandag trek,” vertel hy.

“Hulle het ’n liedjie van my gemaak, Loud Luxury, en ek het gedink: ‘Dis ’n aaklige liedjie, maar die naam is koel.’ ”

Dis hoe Loud Luxury gebore is.

Musiekpryse

Hulle is onlangs vir vier Junopryse benoem – dis Kanada se weergawe van die Grammys – teenoor musieksterre soos The Weeknd en Shawn ­Mendes. Body is onder meer as enkelsnit van die jaar benoem.

View this post on Instagram

OFFICIALLY GOLD IN THE US ?? LIFE IS CRAZY

A post shared by LOUD LUXURY (@loudluxury) on

Hul grootste aanhangers

“Ons ma’s is groot Loud Luxury-aanhangers,” sê Andrew.

“Hulle was voor die televisie vasgenael toe die Juno-benoemings aangekondig is. Die oomblik toe die benoemings bekend­gemaak is, het oproepe en teksboodskappe van hulle ingestroom.”

View this post on Instagram

we fkn love europe ??

A post shared by LOUD LUXURY (@loudluxury) on

FOTO'S: INSTAGRAM/@LOUDLUXURY; BRONNE: BILLBOARD.COM, ABCRADIO, IDOLATOR.COM