Die voormalige sokkerspeler (45) het sy liefde vir sy negejarige dogter, Harper, uitgedruk tydens ’n gesinsdag by ’n organiese plaas in Gloucestershire in Engeland. 

Die oomblik is deur sy vrou, Victoria (46), vasgevang. Sy het die kiekie op haar Instagram-blad geplaas met die byskrif: “Die beste pappa”.

Maar die foto is skaars gedeel of die aanlyn kritici kry Becks voor stok oor hy sy dogter op die mond gesoen het. 

View this post on Instagram

The best daddy?? @davidbeckham #HarperSeven X

A post shared by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

“Dol oor jou gesin, maar ek het nog nooit die ouers se soene op die lippe verstaan nie. Steeds die beste gesin,” skryf ’n aanhanger. 

’n Kwater een skryf: “Hou asseblief op om kinders op die lippe te soen!”

“Hoekom soen hy haar op die lippe?” vra ’n derde aanhanger, skynbaar verward oor die betoning van gesinsliefde. Maar baie aanhangers tree vir die Beckhams in die bres.

’n Aanhanger wys daarop dat om ’n mens se kind te soen, nie in ’n negatiewe lig beskou moet word nie.

“Mense beskou soen op die lippe as ’n intieme daad tussen minnaars, maar party kulture doen dit met enigiemand en hulle weet hoe om die reaksies van liefde en toegeneentheid teenoor intimiteit te skei. Ons moet net daardie vlak bereik en ophou vreemd wees daaroor as gevolg van ons eie kwellings,” skryf sy. 

’n Ander een skryf: “Dankie dat jy wys dit is volkome normaal en reg vir ’n pa om sy dogter op die lippe te soen as ’n teken van liefde en ware toegeneentheid!”

In 2017 was David verplig om ’n foto te verdedig waarop hy Harper soen, en hy het volgehou hy en Victoria is “altyd baie liefdevol” teenoor hul vier kinders. Die egpaar het ook drie seuns, Brooklyn (21), Romeo (18) en Cruz (15).  

Tydens ’n Facebook Live-gesprek destyds het hy erken: “Ek soen al my kinders op die lippe. Brooklyn (hul oudste seun) dalk nie. Brooklyn is 18; dus vind hy dit dalk ’n bietjie vreemd, maar ek is baie liefdevol met die kinders.” 

Bronne: dailymail.co.uk, Instagram, thesun.co.uk