Billie Lourd maak op 15 Desember in Star Wars: The Last Jedi weer ’n draai op die groot skerm.

DIE ROOM VAN HOLLYWOOD

Billie (25) is in Los Angeles gebore.

Haar pa, Bryan Lourd (57), is ’n Hollywood-agent wat al saam met bekendes soos Lady Gaga gewerk het. Haar ma, Carrie Fisher, het ’n Hollywood-ikoon geword nadat sy die rol gekry het van prinses Leia in die Star Wars-rolprentreeks.

Carrie is verlede Desember op 60 oorlede. Haar laaste fliekrol was in The Last Jedi, waarin sy teenoor haar dogter speel. Dié hervat nou haar rol as lt. Connix.

BEROEMDE BANDE

Billie se ouma aan moederskant is die ster Debbie Reynolds (foto).

Sy is verlede jaar ’n dag ná haar dogter, Carrie (foto), oorlede. Billie vertel haar ouma het haar vervies wanneer mense na haar verwys het as “Carrie Fisher se dogter”.

“Sy wou hê mense moet my ‘Debbie Reynolds se kleindogter’ noem.”

Die bekroonde Amerikaanse aktrise Meryl Streep is Billie se peetma.

Foto: Gallo Images/ Getty Images

STAR WARS: DIE BEGIN

Carrie het Billie aan Star Wars bekendgestel toe sy sewe jaar oud was. Billie was bang vir aksieflieks en enigiets met harde musiek of geluide.

Toe haar ma haar Star Wars laat kyk, het Billie gillend uit die kamer gehardloop.

LIEFDE OP DIE STEL

Billie en haar Scream Queens-medester Taylor Lautner (25) het die tonge laat klap toe hulle in Desember verlede jaar saam gekiek is.

Hulle het mekaar op die stel van dié reeks ontmoet, maar in Julie vanjaar uitgemaak. Sy is sedertdien ’n losloper.

Foto: Gallo Images/ Getty Images

HAAR PAD NA DIE GROOT SKERM

Toe sy besluit om ’n aktrise te word, het haar ouers een voorwaarde gehad: Sy moes eers ’n graad in iets anders kry.

Billie het in 2014 aan die Universiteit van New York ’n graad in sielkunde behaal. ’n Jaar later het sy haar eerste rol losgeslaan: in Star Wars: The Force Awakens.

Sy was ook al te sien in die TV-reekse American Horror Story en Scream Queens.

?????? #itsallgucci ????:@gucci ??:@makeupmatthew ????:@lacyredway ????:@nail_wolf

A post shared by Billie Lourd (@praisethelourd) on

DINK AAN JOU, MA!

Elke keer dat Billie in Scream Queens verskyn het, het sy groot oorfone gedra. Dis ’n huldeblyk aan die ikoniese bolla-voorkoms van prinses Leia, haar ma se karakter in Star Wars: Episode IV – A New Hope (1977).

Te oulik.

????#bringbacktheoversizedbearpurse #umyesithaswheels #silverpufferjacketsaresohotrightnow #trendtilltheend #tbt

A post shared by Billie Lourd (@praisethelourd) on

LEWENSLESSE

Billie was nege toe sy in die pekel beland oor iets wat sy uit iemand se rugsak gesteel het. “Gaan jy eendag ’n idioot wees?” wou haar ma weet.

Carrie het altyd met Billie gepraat asof sy ’n grootmens is, onthou sy. Tot vandag toe dink sy aan wat haar ma haar gevra het wanneer sy iets verkeerds wou aanvang.

KITSMILJOENÊR

Billie was al begunstigde in haar ma se boedel en het haar ma se kosbare kunswerke, juweliersware, versamelstukke, fortuin en maatskappye geërf. Ten tyde van Carrie se dood was haar banksaldo ’n koel R350 miljoen. Dit beteken net een ding: Billie rol in die geld.

????#youturnneon #weatthehotelmotelholidayinn #rapsquatsarehot

A post shared by Billie Lourd (@praisethelourd) on

MUSIEKDROME

Die donkerkop wil voor 30 ’n album uitreik. Sy sing gereeld op die fliekstel en in Scream Queens, waarin sy die rol van Chanel #3 vertolk. Daar is selfs YouTube-video’s van haar wat op die stel met ’n lied lostrek.

FOTO'S: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES, IMDB

Bronne: IMDB, E!ONLINE, MASHABLE, WIKIPEDIA, VANITY FAIR