Terwyl haar karakter in die reeks gewoonlik op komplikasies en gebroke harte uitloop, is dit allesbehalwe die geval in die Kanadese aktrise se lewe . . .

Jacqueline het op haar Instagram-blad bevestig die swangerskapgerugte is waar. Sy en haar man, Elan Ruspoli, verwag hul eersteling. “Dis nie net ’n burrito in my maag nie, dis ’n burrito en ’n baba!" het sy aan haar 417 000 volgers onthul.

Danksy ’n storielyn in die sepie kon Jacqueline die nuus op ’n baie spesiale manier breek. Haar karakter, Steffy, moes tydens die verfilming van die sepie in onderklere op die loopplank modelleer en sy het besluit om die uitdaging te aanvaar júís omdat sy swanger  is.

Sy was vasbeslote om haar passies op die plank te doen en elke oomblik van swanger wees onbevange aan te gryp. Sy na afloop van die groot bekendmaking ook vir Brad Bell, die vervaardiger van die sepie, bedank dat sy haar komende moederskap op dié manier kon deel.

Brad, 'n pa van vier, is net so opgewonde oor een van sy sterre se goeie nuus.

"Sy het liefde gevind by haar man en nou is dit van vooraf weer liefde vir 'n kind. Dis 'n wonderlike, wonderlike ding,"het hy aan Entertainment Tonight gesê.

Jacqueline kan nie wag om ma te word nie.

"Ek is opgewonde oor hoeveel ek gaan deel en gee. Ek voel ek is 'n gelukkige, positiewe mens en die mooiste, maar ook skrikwekkendste nuwe hoofstuk is die hoeveelheid liefde wat ek hierdie kind gaan gee," het die opgewonde ster verklap.

Tot waar Jacqueline die groot aankondiging op die stel gedoen het, was haar medesterre in die sepie geheel en al onbewus van die ooievaarsnuus.

Courtney Hope (29), die vurige rooikop Sally Spectra in die reeks, was heeltemal uit die veld geslaan.

"Ek het geen idee gehad (sy's swanger) nie. En dis ekstra vreemd, want ek werk die hele tyd saam met haar!"

Jacqueline, wat in hierdie stadium nie die geslag van die baba weet nie, is ook baie opgewonde om veral by haar twee ouer medesterre om raad te gaan vra:  Katherine Kelly Lang (Brooke Logan) en John McCook (Eric Forrester) is bo-aan haar lysie.

Jacqueline en haar man, Elan Ruspoli, het in November 2017 verloof geraak en in Julie vanjaar het die twee 'n "weglooptroue" gehad.

"Dit was baie klein en informeel en ons kan altyd later iets groter doen. Maar ons het gevoel ons is lief vir mekaar, hoekom dan wag?" het sy gesê nadat die nuus van hul troue gebreek het.

Onlangs het sy hom met dié pragtige foto van hulle twee, wat op die eilandparadys Bora Bora geneem is, met sy verjaardag gelukgewens en daarby geskryf: #werejustgettingstarted, vermoedelik in verwysing na haar swangerskap.

Ons vermoed die swanger aktrise sal vir 'n tydjie haar "meditasie-praktyk op twee wiele" vir eers moet hokaai roep.

View this post on Instagram

My meditation

A post shared by J A C Q U E L I N E W O O D (@jacquelinemwood_1) on

"Ek is sterk, ek is daartoe in staat en ek is gereed vir die volgende hoofstuk . . . "

Bronne: soapdirt.com, etonline.com, soapsheknows.com