1. BLITS OP DIE VELD

Damian Willemse
Damian Willemse. Foto: Instagram/@iamdamiangaza

Die oud-leerder van Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch is 1,87 m lank en speel losskakel en heelagter. Hy het in 2017 op 18 sy debuut vir die Westelike Provinsie gemaak en draf steeds vir hulle uit.

2. FIKSHEID BO

Damian Willemse
Foto: Instagram/@iamdamiangaza

Hy oefen vyf tot ses keer per week.

“Natuurlik is vier dae daarvan saam met die span,” sê Damian. Hy geniet ook die natuurlewe. “Op my af dae sal ek fietsry of langs die see gaan hardloop.” 

3. KRANIGE FIETSRYER 

Damian ry gereeld fiets.
Damian ry gereeld fiets. Foto: Instagram/@iamdamiangaza

Wanneer sy week rustig is, trap dié fietsryer tussen 40 en 60 km per dag.

4. BRANDERPLANKRYER

Damian en sy spanmaats Tristan Leyds (middel) en E
Damian en sy spanmaats Tristan Leyds (middel) en Edwill van der Merwe. Foto: Instagram/@iamdamiangaza

Damian het drie jaar gelede begin branderplankry.

“Ons het dit as ’n spanuitstappie gedoen. Ek het daarvan gehou en vir meer lesse gegaan. Ek surf gewoonlik in die Strand en Muizenberg,” sê hy. Hy het selfs al die golwe met sy spanmaats Tristan Leyds en Edwill van der Merwe aangedurf.

5. STUDENT

Damian studeer tans
Damian studeer tans. Foto: Instagram/@iamdamiangaza

Hy voltooi tans ’n B.A.-graad in administrasie deur Milpark Education. “Dis ’n ongelooflike platform waar ek baie leer en ek geniet dit vreeslik.”

6. NUWE WIELE 

Die rugbyspeler spog met nuwe wiele.
Die rugbyspeler spog met nuwe wiele. Foto: Instagram/@iamdamiangaza

Hy het onlangs ’n nuwe kar gekoop – ’n Audi TT RS. “Dit was ’n baie groot voorreg om dit te kon koop. Dis iets waarop ek en my familie baie trots is.”

7. GROOT HART

Hy doen ook sy deel vir liefdadigheid.
Hy doen ook sy deel vir liefdadigheid. Foto: Instagram/@iamdamiangaza

Damian doen sy deel vir liefdadigheid.

“Tydens die inperking was ek bevoorreg om met die organisasie Be The Difference saam te werk. In die Strand word ons deur baie sosiaal-ekonomiese kwessies in die gesig gestaar en dis belangrik vir my om te help waar ek kan.”

8. DIE LIEFDE

Damian en sy meisie van die afgelope drie jaar, Mi
Damian en sy meisie van die afgelope drie jaar, Mia du Toit. Foto: Instagram/@iamdamiangaza

Hy is al drie jaar in ’n verhouding met Mia du Toit. Sy het B.Rek. aan die Universiteit Stellenbosch studeer. “Ons albei geniet dit om tyd saam deur te bring, te gaan uiteet en lekker buitelug-avonture te doen,” sê Damian.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe