Die seëvierende Bokke se onderkaptein het ’n foto van homself waar hy in die hospitaal lê op sy Instagram-storie, wat na 24 uur verdwyn, gedeel. 

“Nie die trofeetoer wat ek ingedagte gehad het nie. Maar ek sal dit ’n 1000 oordoen om die Bill te kan vashou,” skryf hy. 

handre pollard,springbok,rugby
Die Springbok-losskakel Handré Pollard. Foto: Instagram/@handrepollard

Hy is twee dae vantevore gekiek waar hy op die vliegtuig terug na Suid-Afrika met die Webb Ellis-trofee slaap.

“Ek het jou Bill. Kry ’n bietjie rus in voor ons die reënboog nasie tref,” het hy toe geskryf. 

Handré het Dinsdagaand met die Springbok-afrigter Rassie Erasmus en kaptein Siya Kolisi in Suid-Afrika aangekom nadat SA Rugby vroeër aangekondig het dat ’n oorgangsvlug vanaf Sydney, Australië weens tegniese foute vertraag is. 

View this post on Instagram

Sport can unite????#strongertogether ??

A post shared by Handre Pollard (@handrepollard) on

SA Rugby magazine het kort na Handré se aankondiging ook die nuus op Facebook met hartseer Bok-aanhangers gedeel. 

View this post on Instagram

Tough but good day at the office!

A post shared by Handre Pollard (@handrepollard) on

“Ongelukkig sal Handré Pollard die Bokke se trofeetoer misloop weens ’n gebreekte kakebeen,” lui die inskrywing.

“Raak gou beter. Dis so hartseer dat ons jou nie by die parade gaan sien nie. Jy is ’n ware held,” het een van sy aanhangers laat hoor.

“As ek na jou kyk, sien ek ’n persoon van diep geloof en kalmte. Iemand wat elke geleentheid wat God hom gegee het, waardeer. Jy  het die afgelope paar weke soveel vir ons as ’n land gedoen. Dit is nou die tyd dat jy moet rus en herstel. Jy is in ons gebede. Mag die helende hand van God vandag en altyd op jou rus. Dankie dat jy die mense van Suid-Afrika met jou talent dien. Word gou gesond Champ Handre,” skryf nog een. 

Die Bokke besoek Donderdag onder meer Johannesburg en Soweto om met hulle reuseprys te spog. Hulle is op Vrydag 8 November in Durban. Op 9 November besoek hulle Oos-Londen en is kort daarna, op 10 November, in Port Elizabeth. En op 11 November sluit hulle die toer in Kaapstad af. 

View this post on Instagram

#StrongerTogether ????

A post shared by SA Rugby (@bokrugby) on