Hilary het wel reeds ’n seun, Luca Cruz (6), uit haar huwelik met Mike Comrie, ’n beroepshokkiespeler. Sy en Mike het in 2016 geskei voor sy in Desember 2017 vir die derde keer haar verhouding met Matthew (30) hervat het.

Die twee se paadjies het in Maart verlede jaar geskei waarna sy kortstondig met die sakeman Ely Sandvik uitgegaan het, maar in Oktober het gerugte van 'n moontlike versoening tussen haar en Matthew die ronde begin doen .

Mathew is ’n liedjieskrywer en sanger wat onder meer gehelp met met Shania Twain se jongste album, Life’s About To Get Good.

????????

A post shared by Hilary Duff (@hilaryduff) on

Op 8 Junie het sy bekendgemaak sy en Matthew verwag ’n dogtertjie.

Hilary is gek oor haar seun en hy word gereeld saam met haar in die openbaar opgemerk.

My little dreamboat

A post shared by Hilary Duff (@hilaryduff) on

Dis nie al babanuus in die Duff-familie nie. Haar suster, Haylie (33), het op dieselfde dag dat Hilary die nuus van hul "prinsessie" op Instagram gedeel het, die lewe geskenk aan ’n babadogtertjie, Lulu.

Meer oor Hilary
  • Sy was 'n tienersensasie wat op 14 die rol van Lizzie McGuire in 'n televisiereeks (2001-2004) vertolk het wat na bewering 'n geraamde 2,3 miljoen kykers per episode getrek het.
  • Daarna het die fliek Lizzie McGuire Movie (2003) gevolg.
  • Sy het ook in Agent Cody Banks (2003), Cheaper by the Dozen (2003) en A Cinderella Story (2004) gespeel.

Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter en Facebook en neem so deel aan die gesprek.

Bronne: imdb.com, foxnews.com, eonline.comwomenshealthmag.com