Hy, sy broer, Liardus Nel, en ma, Corlia Nel, het almal op ’n tyd ’n stryd teen die swart hond gevoer. 

"Ons wil mense inspireer om self kanse te waag en uit hul gemaksone te tree," sê Eden. Foto: Instagram/@edenclassens

“Ons het mekaar deur dié tye gehelp deur mekaar te motiveer en te inspireer,” vertel Eden, wat die rol van Justin Potgieter in die kyk­NET-sepie vertolk. 

Ons wil mense inspireer om self kanse te waag en uit hul gemaksone te tree’

Die nuwe projek, Waagit, handel wel nie uitsluitlik oor depressie nie. Dit bestaan uit video-opnames wat in die sosiale media uitgereik gaan word. 

Eden Classens se gesin se stryd teen depressie is
BO: Eden Classens saam met sy ma, Corlia Nel. Eden se gesin se stryd teen depressie is die dryfveer agter ’n nuwe projek, Waagit, waardeur hy ander wil aanmoedig om kanse te waag. Foto: Instagram/@edenclassens

“Dis stories van bekende mense wat ’n kans gewaag het in hul lewe,” verduidelik Eden oor die projek wat hy saam met Liardus aanpak. 

Eden gaan die projek saam met sy broer, Liardus Ne
Eden gaan die projek saam met sy broer, Liardus Nel, aanpak. Foto: Instagram/@edenclassens

“Die doel daarvan is om mense te inspireer om self kanse te waag en uit hul gemaksone te tree.”