“Ek hou nogal daarby, maar het ook al geleer om ruimte te laat vir die verrassings wat die lewe in elk geval bring.

”Vanjaar hoop hy vir stilte.

“Ek is verskriklik sensitief vir klank en ons word al hoe meer bombardeer met klank. Selfoonvideos wat mense oral kliphard speel is my einde.”

Hy wil meer by die see wees, verlore slaap inhaal, meer tyd agter die kameras deurbring, en ook meer tyd met vriende en in sy geboorteland, Namibië, deurbring.

Die akteur oorweeg dit ook om verder te studeer. 

“Dalk in ’n rigting waarmee ek nog nie veel te doen gehad het nie . . .”.