Hy flankeer dat dit klap met ’n nuwe kollega, Izette (Shana Mans).

Maar in die werlike lewe lyk dit of dit uitstekend met Vashti se liefdeslewe gaan. 

Vashti en Marco Spaumer, wat haar kêrel in Suidoos
Vashti en Marco Spaumer, wat haar kêrel in Suidooster speel. Foto: Facebook/@suidooster

Sy en die akteur Jarrid Geduld, wat nou as Randall in Dwaalster te sien is, word sedert verlede jaar gereeld aan mekaar se sy gesien. 

Jarrid (as Randall) en Tarryn Wyngaard (as Gina)
Jarrid (as Randall) en Tarryn Wyngaard (as Gina) in Dwaalster. Foto: Instagram/@jarridgeduld

Al is die akteurspaartjie privaat oor hul verhouding, wys foto’s wat hulle in die sosiale media deel hulle het die skoot hoog deur.

Die akteurs­paartjie Vashti Prins en Jarrid Geduld
Die akteurs­paartjie Vashti Prins en Jarrid Geduld. Foto:Instagram/@jarridgeduld

Jarrid het pas die Safta-prys vir beste rolprent­akteur ontvang vir sy rol as die tikverslaafde Abie Pakkies in die fliek Ellen – Die Ellen Pakkies-storie.

By ’n foto wat hy en Vashti saam met die regte Ellen geneem het, verwys hy na Vasthi as “My liefde”.

Jarrid en Vashti saam met Ellen Pakkies.
Jarrid en Vashti saam met Ellen Pakkies. Foto: Instagram/@jarridgeduld

Vashti het met ’n klomp hartjies op die inskrywing gereageer.