Sy is tans ín Japan om vir Wêreldrugby oor die toernooi verslag te doen en sê sy geniet elke oomblik. 

elma smit,aanbieder,george gregan
Elma Smit saam met die Australiese rugbylegende ­George Gregan. Foto: Instagram/@elmakapelma

“Dit is verbasend hoe warm en verwelkomend Japannese mense in Tokio teenoor die vreeslik luidrugtige besoekers is,” sê Elma. 

elma smit,aanbieder,japan
Elma sê sy kry darem tussen die rugbywedstryde deur tyd om ­Japan te verken. Foto: Instagram/@elmakapelma

“Ek het nog elke dag met ’n geskenk huis toe gegaan!” 

Haar hoogtepunt tot dusver was die wedstryd tussen Japan en Ierland, wat op verrassende wyse deur die gasheerland gewen is, vertel Elma. 

elma smit,aanbieder,japan
By die Hie-heiligdom in Tokio. Foto: Instagram/@elmakapelma

“Ek het die wedstryd in ’n Ierse pub gekyk. Op die ou einde was ek, al die Japannese fans en ’n hengse klomp Iere almal in trane! Dis ’n lieflike herinnering.”

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.