Braam Weyers, ’n instrukteur by Iala, ’n program wat ’n oorbruggingsjaar vir jong mense in Stilbaai aanbied, het hierdie geliefde internetster se hart gesteel.

En vir die afgelope drie maande sien haar volgelinge nie nét die grappige video’s wat haar aanlyn so gewild gemaak het nie, maar meer en meer foto’s van ’n gelukkige, stralende Katinka in Braam se arms word op haar blaaie gedeel. 

Op 20 was Katinka Oosthuizen die jongste deelnemer wat al aan Survivor South Africa deelgeneem het. Sommer vroeg aan die begin van die sesde seisoen van dié M-NET-reeks het Katinka ’n gunsteling onder kykers geword. 

Nou het sy Braam se gunsteling-blouoogmeisie geword. 

View this post on Instagram

You don’t have to chase what God sent.

A post shared by Katinka (@katinkadiekat_official) on

Die tweetjies het mekaar in Stilbaai ontmoet toe Katinka, wat ook ’n video- en fotograaf is, genooi was om Iala se bemarkingsvideo te doen. 

“Die oomblik toe ek vir Braam sien, toe dink ek net ‘jô’!” vertel sy opgewonde. 

 “Daar was dadelik ’n vibe tussen ons wat almal kon optel. Maar ons dit baie professioneel gehou.”

Die beste ding vir haar was dat Braam in daardie stadium nie ’n idee gehad het wie die befaamde Katinka Kat was nie. 

“Toe mense vir hom sê ek was op Survivor en ek het al hierdie sosialemedia-volgelinge, was hy soos: ‘Wie is dit?’ ”

Sy lag. 

“Ek het dit gelove!” vertel sy.  

Nie net was Braam se hande vir Katinka “ongelooflik mooi” nie, maar sy rustige persoonlikheid het haar dadelik tot hom aangetrokke laat voel.

En natuurlik was die gevoel wedersyds.

Toe Katinka terug huiswaarts moes keer, 70 km na Mosselbaai, het dit die tweetjies nie lank gevat om kontak te maak en ’n plan te beraam om heen en weer te pendel nie. 

“Op hierdie oomblik kuier ons heerlik saam. My ouers is mal oor hom en ek geniet sy familie net so baie!

“Ek is werklik baie gelukkig,” sê sy.