book-icon Uitgawe 2 Januarie 2020

Survivor se Katinka 'Die Kat': 'Ons trou, want ons kan!'

akkreditasie
Katinka Oosthuizen, die aanbieder van die VIA-musiekprogram Klink soos naweek met JOOX, is verloof. Foto: Misha Jordaan
Katinka Oosthuizen, die aanbieder van die VIA-musiekprogram Klink soos naweek met JOOX, is verloof. Foto: Misha Jordaan

Ewe blond. Ewe mooi. Hy sportief in ’n T-hemp en swembroek. Sy in ’n vloeiende, mosterdkleurige top bo-oor ’n grys T-hempie en geskeurde jeans langs hom op die rotse. 

Kompleet soos modelle in ’n advertensie vir die een of ander gesondheidsproduk. Heilsaam en sag op die oog vir die fotosessie.

Dan skree iemand uit die gewilde Delfino’s-restaurant aan Mosselbaai se Punt-strand daar naby: “Geluk, Katinka!”

“Dankie, ek waardeer,” groet die pas verloofde jong vrou wie se oë selfs meer blink as die klippie wat aan haar vinger flonker.

Katinka Oosthuizen, aanlyn beter bekend as Katinka die Kat, fluister en lag saggies: “Dis hoekom ek in Desember nie eintlik uitkom nie.” 

Mense weet wie sy is, want Katinka (21) was verlede jaar die jongste deelnemer nog aan die M-Net-reeks Survivor South Africa en het die topdrie gehaal in die sesde seisoen wat in die Filippyne afgespeel het. 

Deesdae bied sy die VIA-musiek­program Klink soos naweek met JOOX aan, en daarvoor pendel sy tussen Mosselbaai en Johannesburg. 

Sy en die branderplankryer aan haar sy, Braam Weyers, ook 21, het onlangs verloof geraak; sy het verwag dit gaan iewers in Desember gebeur, maar nie so vinnig nie. 

Braam het haar sommer in die tuin van haar ouers, haar sakemanpa, Francois, en bekende kunstenaarma, Maria (albei 46), verras.

Tot vroeër vanjaar het Katinka in ’n kamer agter haar ouerhuis teen die koppe van Mosselbaai gewoon. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees